Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 19 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 19

1. En sien en luister verder! - Maar die twee offeraltare van Ahbel en Cahin het nie ver van mekaar af gestaan nie, en die hele afstand was sewe maal tien treë, en was die herd van Ahbel teen die oggend en die van Cahin teen die aand geleë.

2. En sien, toe Cahin nou gewaar het, dat die rook van Ahbel opwaarts na die hemel gestyg het terwyl syne na die aarde toe geval het, toe het Cahin in sy hart kwaad geword; maar sy gesig het hy glad gemaak, dat ‘n mens nie sy ergernis moet agterkom nie, terwyl Ahbel vir Cahin gebid het, aangesien hy sy valsheid agtergekom het.

3. En die Here het die gepleit van Ahbel gehoor en het volgens sy vrome wens Sy stem vir Cahin wat vol grimmigheid was laat hoor en het met ‘n sterk stem gesê:

4. “Cahin, waarom het jy ontrou teenoor My geword en het vir jou deur die grimmigheid in jou hart laat mislei, en waarom verdraai jy jou gesig en lieg met jou oë? Jy voer teen Ahbel boosheid in die mou! Is dit nie so nie? Ontken dit, as jy kan!

5. Ek het gehoor, toe jy vir My son gevloek het, en het die leë gerwe gesien, waarmee jy vir My in jou traagheid en in jou suinigheid tevrede wou stel, en het ook verskeie kere vir jou gesien dat jy in jou groot luiheid hoerery gepleeg het, aangesien jy byna nooit gedoen het, wat Ek vir jou beveel het om te doen, voordat jy met jou vrou gemeenskap sal hê. Sê dan, is dit nie so nie?

Hoofstuk 19 Mobiele weergawe Kommentaar