Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 19 Die Huishouding van God, Boek 1

24. En nou sien jy, Cahin, hoe die magtige berg uit sy bestaan deur die inwonende krag van die gees van die liefde in my, verdwyn het. En sien, net so maklik sou dit vir my wees, om ook jou te vernietig! Maar sodat jy kan sien, dat daar in God geen swakheid is en in jou broer geen skandelike heerssugtigheid is nie, wil ek vir jou soos ‘n lam na die slagting volg.”

25. En sien, toe neem Cahin vir Ahbel heel vriendelik by die arm en sê: “Ahbel, wat dink jy van my?! Ek soek hulp, en jy wil vir my reeds vooraf beskuldig vir die dood aan jou; kom dan, en volg vir my na die plek, waar die slang vir jou wag, en vernietig dit soos die berg en maak vir my vry en vir jou los van die beskuldiging van die slang.”

26. En Ahbel het kortweg vir hom geantwoord: “Wat is die verskil tussen jou en die slang?! - Meen jy blinde mens, dat ook ek ‘n moordenaar van my broer is?! - Daarom volg ek vir jou en sterf vir die lewe terwyl jy sal bly lewe vir die dood!”

27. En sien, dit was Ahbel se laaste woorde aan Cahin, en van die lippe van Ahbel het geen geluid meer aan die ore van Cahin gedring nie; en so het hy gewillig vir Cahin gevolg, waarheen hy hom gelei het.

28. En toe hulle nou volledig by die plek aangekom het, waar die slang van Cahin gewag het, was dit die plek waar Cahin se slinksheid openbaar gemaak was en het hy die voete en hande van Ahbel gebind en het hom op die grond gegooi, ‘n groot klip geneem en daarmee die kop van Ahbel verpletter, sodat sy bloed en sy murg wyd op die aarde gespat het.

29. En die slang het homself van die voete van Ahbel losgemaak, het die klip in sy bek geneem en het dit voor die deur van Cahin geplaas en het in die sand onder ‘n doringbos, weggekruip, - vry.

Hoofstuk 19 Mobiele weergawe Kommentaar