Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 2: Die gebooie van die Here aan die mens

So het die Here tot en in my gespreek vir ieder en elk; en dit is waar, getrou en gewis:

1. Jy is die Lot van Sodom; maar pas op, dat jy nie in ontug versmoor en die erfporsie van die hoer jou aandeel word nie; want jy is soos niemand voor jou en na jou nie. As mens is jy geheel in die vlees en sy luste en jou gees is heeltemal vry met oop oë en oop ore. Jou liggaam besmeer jy met mis, en oor jou gees word strome van lig uitgestort; jou liggaam eet met die varke, terwyl jou gees van duisende engele omring is. Jou aardse hart het jy aangevul met afval en mis, en in die hart van jou gees het Ek vir My ‘n woning opgerig. Jy voer geselskap met hoere, terwyl Ek met jou soos ‘n broer tot ‘n broer praat; jy stink soos ‘n modderkuil, en jou gees asem die hoogste welriekendheid van die hemel; jy is ‘n monster, en jou oog oorstraal die sonne. Daarom reinig jou vlees en word een met My, sodat Ek een kan word met jou!

2. Sê vir die angstige moeders: Hulle moet hulle dogters nie in vrees vir mans en die wêreld opvoed nie - want waarvoor jy bang is, dit gehoorsaam jy blindelings tydens die versoeking, en die wat gevrees word, kry ‘n maklike oorwinning -, maar hulle moet hulle eerder in My vrees en liefde opvoed, sodat Ek die oorwinnaar word, en hulle die wêreld verag en in My onbeperkte liefde swelg. Hulle moet hulle nie terwille van ‘n eggenoot na openbare plekke laat lei nie, maar na My, na My moet hulle vir hulle bring, en Ek sê vir jou: Nie een van hulle begeertes sal ongeseënd en onbevredig bly nie; want Ek is ‘n ryk God, wat van alles die mees oneindige oorvloed het, en wie alles in die hoogste oormaat kan gee en ook wil gee.

3. Die armes moet nie bedel voor die deure van die rykes nie, waar hulle die lot van vreemde honde sal ervaar en hulle hart in treur en bitterheid omskep word, - maar hulle moet net in vaste vertroue na My toe kom, en Ek sal hulle almal verkwik. Die wat honger is, wil Ek kos gee, die wat dors is, wil Ek iets gee om te drink, die wat naak is, beklee, die siekes gesond maak; die wat lam is, sal spring soos ‘n takbok, die melaatse sal gereinig word, die blindes siende, die dowes horende, en die swakkes wil Ek sterker maak as ‘n leeu; die angstige sal moediger word as ‘n manlike vul, en die oues sal rus vind. Die wat arm is, is My naaste broers; Ek sorg vir hulle. Daarom moet hy hom nie deur die honde laat ontheilig nie; want die rykes van die wêreld is broers van Satan en kinders van die duiwels uit die hel.

4. Vir My vriende en vriendinne sê: Hulle moet My dienaars en knegte nie meer liefhê as vir My nie! Hulle heil moet hulle nie so seer in hulle, maar eerder geheel in My hande plaas en ten volle aan My toevertrou. Want die dienaar moet streng volgens die gebooie handel, indien hy nie vir onwaardig bevind wil word nie; alleen die gewer van die wet staan bokant die wet en kan ook daaroor aanstel vir wie hy wil. Maar solank hulle onder die juk staan, is hulle geoordeel; maar wie na My toe kom, van hom af kan Ek die oordeel terugtrek.

5. My kerk op aarde is ‘n reinigingsbad; wie hom gewas het, die kom na My, sodat Ek hom met die warmte van My liefde kan afdroog en vir hom behou. Maar wie net vreugde het, om te spat en te speel, met hom sal dit gaan soos die wiel van ‘n watermeul, wat nooit uit die water kom nie.

6. Wanneer iemand die werke van ware boetedoening gedoen het, die kom na My, sodat Ek hom soos ‘n verlore seun kan opneem en vir hom behou in My krag. Want die kneg kan raad gee, maar Ek kan dit doen; die dienaar kan preek; alleen die verlossing is net My werk; die kneg kan bid, maar net Ek kan seën. My dienaar moet regverdig oordeel; maar die reg van genade is net by die Here. Daarom moet hulle nie bo die dienaars en knegte, die Here vergeet nie!

7. Sê dit vir hulle woord vir woord, getrou en sonder skuheid; want jy mag die wêreld nie vrees, indien jy vir My wil lief wees nie, - want Ek is meer as al die wêreld.

8. Vir die wêreld is Ek maar ‘n klein held, wat vir niks gehou word nie. Die geleerdes kyk skaars nog oor die skouer vir My en laat vir My byna nie meer die naam van ‘n eerlike mens toekom nie. Maar sommiges het reeds geheel en al van My afskeid geneem; vir hulle is Ek dus glad nie meer daar nie. Sommiges laat vir My, vir net ‘n kort tydjie, nog enkele goddelike trekke oor, maar dan laat hulle hulleself van die wêreldwyses oor iets beter onderrig. Ek word dan onmiddelik as infaam beskou en geld hoogstens nog as ‘n God vir ou vroue. By sommiges van My dienaars en knegte wat groot wil wees, dien Ek net nog as ‘n openbare ampseël en as uiterlike, godagtige omsluiting van hul swart onsinnighede en hul growwe, duister dwaas- en domheid. Sommiges laat My wel nog in My Godheid vassteek; maar daarvoor moet Ek ‘n tydelike voordeel vir hulle, van wat hulle wil, van My laat maak en wat nog die heel ergste is: Ek moet ‘n bare onding wees! Liefde en barmhartigheid mag Ek net vir so lank hê, as wat dit vir hulle nodig is; maar dan moet Ek weer meer onverbiddelik word as ‘n klip en moet My self laat omskep in die skandelikste tiran! Ek moet van een regterstoel na die ander spring en een verdoemingsoordeel na die ander uitspreek; My liefde mag net tydelik wees, maar My tirany en die daarmee verbonde uiters skerp regteramp, moet vir ewig aanhou! O, die ongehoorde narre! My onbeperkte lankmoedigheid, sagmoedigheid, nederigheid en ewige liefde vir My skepsels, deug natuurlik nie vir hulle selfsugtige doen en lates nie; maar daar sal binnekort ‘n streep deur hulle rekening gemaak word! Hulle rekeninge lê voor My, en die maatbeker van dade het, behalwe vir een, vol geword, en die vergoeding wag vir hulle.

9. Wie nie vir My ken, hoe Ek is, en wie Ek is nie, vir hom sou dit beter wees, dat hy geheel en al niks van My af weet nie, want dan kan Ek hom nog, daar in die ryk van die geeste, lewendig maak; maar so maak hulle hulleself los van My hulp, want hulle maak daardeur die lewe in hulle dood, sodat hulle My in hulleself vernietig en sodoende ook doodmaak, en is hulle die druiwe wat van die wingerdstok afgehaal is.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar