Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Huishouding van God, Boek 1

10. Maar dit sê Ek nou: dat Ek is die allenige, ewige God in My drie-enige natuur as Vader volgens My Goddelikheid, as Seun volgens My volmaakte menslikheid en as Gees volgens alle lewe, werke en insigte. Ek is van ewigheid die liefde en die wysheid self. Nooit het Ek iets van enige iemand ontvang nie. Alles, wat daar is, is van My, en wie iets het, die het dit van My. Hoe is Ek dan ‘n tiran en ‘n spreker van verdoemingsoordele?! O julle dwase! Ek het vir julle lief; julle verag My. Ek is julle Vader; Julle maak van My ‘n doodsregter. Waar Ek seën, daar vloek julle; waar Ek bou, daar breek julle af; wat Ek oprig, dit buig julle; waar Ek saai, daar lei julle versmorende vloede daaroor; julle is in alles teen My. Sou Ek wees, soos julle sê Ek is, - waarlik, Ek sê vir julle, die aarde sou lank nie meer bestaan het nie, ja dit sou selfs nooit geskep gewees het nie! Maar omdat Ek is, wie Ek is, bestaan nog alles, soos dit was, en soos dit vir ewig sal wees; en julle sal wees, soos julle wil wees, ook sonder My verdoemingsoordeel, want julle sal wees wat julle van julle self gemaak het. Maar diegene wat My aanneem soos Ek is, en My lief het, soos wat Ek hulle lief het, van hulle sal Ek maak wat hulle wil, sodat hulle vryheid en vreugde vir ewig volmaak is.

11. Vir My dienaars en knegte sê: My ampte is geen wisselbanke en geen geldboetieks nie! Want wie vir My ter wille van die geld dien, dien My nie uit liefde nie; maar wie nie vir My uit liefde dien nie, sy diens is vir My vreemd, hoe Ek vir hom ook heel vreemd moet wees, aangesien hy nie vir My uit liefde dien nie; met hom het Ek die rekening reeds afgesluit. Maar hoe is hy ‘n getroue kneg, wat die skatte van die Here, sonder toestemming, nes ‘n dief vir die mees skandelikste pryse verkoop het?! - Ischariot het My ten minste nog vir dertig silwerstukke verkoop, sonder dat hy geweet het, wat met My sal gebeur; want hy was verblind en het verlore gegaan. Maar nou is Ek as reeds gemartel, gedood en weer opgestaan, teen die mees skandalige spotpryse gedurende elke minuut te kry. O julle skandelikste diewe, julle moordenaars, waarmee moet Ek julle dan vergelyk? Julle kinders van die draak, julle addergebroedsel, julle slangbroeisel! So dien julle vir My, so moet Ek julle vind?! Ek het tog deur My liewe Paulus laat weet, dat hy, wat die altaar dien, ook van die altaar moet lewe, maar net uit die werke van liefde, wat deur alles wat goed is, bewerkstellig word; maar julle het nie werke van liefde nie, - daarom is julle rowers en diewe en sluipmoordenaars van die Evangelies en van alle waarheid. Weet julle: Soos die werk so is die loon! Liefde kan nie deur geld, maar net weer deur liefde verkry word. Ek is die liefde Self en kan deurgaans vir geen ander prys as net weer deur die liefde verkry word nie. Deur liefde het Ek vir julle almal gekoop; daarom vra Ek ook van julle almal net weer liefde. Wie dus vir My wil dien, die moet vir My in liefde dien, waarvoor Ek vir hom aan die kruis gesterf het; en wie na My toe wil kom, die kom in liefde na My toe, wat aan die kruis vir hom gebloei het.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar