Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 20 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 20

1. En sien, toe het daar van alle kante af swart wolke bokant die kop van Cahin saamgetrek, en groot weerligte, begelei deur sterk donderslae, het na alle rigtings geslaan; en dit het begin om van alle kante af te woed en hewige warrelwinde het groot massas van hael oor die vrugbelaaide lande gestort en tot in die grond vernietig. En dit was die eerste hael, wat vanaf die hemel op die aarde gegooi was, en die hael was ‘n teken van die Liefde sonder barmhartigheid, aangesien die Godheid in Haar van nuuts af beledig was, deur die misdaad van Cahin aan sy broer Ahbel.

2. En sien, toe het die bose Cahin in sy hut gevlug en het sy vrou bewend op die grond sien lê en sommige van die mees ongeseënde kinders soos dooies langs haar. Toe het hy groot skrik en het vir die slang gevloek en het uit die hut gegaan en het oor die klip, wat die vlugtende slang voor sy deur geplaas het, geval en het hard op die aarde neergeslaan en hy het weereens vir die boosheid van die slang en vir die klip wat die dood gebring het, gevloek.

3. En toe hy weer opgestaan het, met sy lyf vol pyn, het hy na die oewer van die nabye rivier gegaan, om die vervloekte slang op te soek en om dit te vernietig en dood te maak.

4. Maar sien, toe hy nou volledig by die oewer aangekom het, sien hy ‘n afskuwelike ongedierte, 666 elle lank, 7 elle breed en dik, toegerus met tien koppe, wat stroomop na hom toe geswem het en hy sien toe nog, hoe op elke kop tien horings nes ‘n kroon uitgegroei het.

5. En sien, toe hierdie verskriklike slang nou in sy nabyheid was, toe praat sy uit al tien koppe gelyktydig en sê: “Nou, jy sterk Cahin, moordenaar van jou broer Ahbel, as jy lus is om met my te baklei, dan begin met jou werk van vernietiging!

6. Voorheen in die gras, toe ek nog swak was, kon jy wel vir my verskeur en my vleis en bloed opeet; maar nou sal ‘n soortgelyke taak by my waarskynlik nie meer moontlik wees nie, want die goeie kos, wat jy vir my, deur die bloed van jou broer, voorberei het, het vir my groot en sterk gemaak. En nou, indien jy nog wil, om vir my te vernietig, dan begin net, om jou wraak in my bloed af te koel. Maar aangesien jy net tien vingers en nie tien hande het nie en daarom nie al die koppe gelyktydig kan bykom nie, sal die oorblywende agt vir jou met hulle horings verpletter en vir jou met hulle agt bekke opvreet!”

7. Toe het Cahin hewig geskrik en het van die slang af weggevlug en het weereens vir die slang gevloek en het ingesien, hoe geweldig hy deur die slang bedrieg was. Toe dink hy: ‘Wie sal nou vir my met die ewige, regverdige God versoen, aangesien my broer Ahbel nie meer daar is nie?! O jy driemaal vervloekte slang, jy is die moordenaar van my broer en wou nou ook vir my vermoor! O, as ek geweet het, dat jy ten gronde sal gaan, indien ek ten gronde sal gaan, dan sou ek sy dood sewe keer aan myself gewreek het!”

8. En sien, toe staan die slang agter hom in die vorm van ‘n buitengewoon prikkelende vrou en sê vir hom: “Cahin, doen dit, en ek sal jou vlees opeet en jou bloed drink, en so sal ons weer volkome een wees en heersers oor al die wêreld wees.”

9. En Cahin het vir die mooi vrou gekyk en gesê: “Ja, dit is jou ware voorkoms; so is jy op jou verskriklikste! Wie vir jou sal sien met jou tien koppe, sal vir jou vlug soos voor die oordeel van die Godheid; maar aan wie jy in hierdie voorkoms sal verskyn, sal agter jou aanloop, jou vang, vir jou meer liefhê as vir God en homself baie gelukkig ag, wanneer jy hom met jou doodshande sal gryp, en die mense sal vir jou tempels en altare oprig en sal jou speeksel lek en jou uitskot eet.

10. En as ek nie vir jou met die tien koppe sou gesien het nie, dan sou ook ek jou slaaf geword het; maar nou ken ek jou deur en deur en verafsku vir jou in hierdie voorkoms meer as in die vorige met die tien koppe.”

11. Toe praat die mooi vrou weer: “Maar Cahin, hoe kan jy vir hierdie teer ledemate aan my en hierdie my sagte bors, bang wees?”

12. “O bly net stil”, het Cahin gesê, “jou teer ledemate is net so baie slange vol van bitter gif, en onder jou sagte, opgeswelde bors rus ‘n ondeursigtige pantser, waarmee en waaraan jy met jou slangarms my arm en swak geslag sal versmoor! Want met hierdie voorkoms sal jy selfs die reuse Leviathan tot jou mees gehoorsame dienskneg maak!”

13. En nou kyk, toe het die slangvrou uit haar innerlike grimmigheid ontbrand, sodat haar hele wese soos ‘n son begin straal het, en sy het die voorkoms van Ahbel, met ‘n vriendelike gesig, aangeneem en het weereens vir Cahin gesê:

14. “Cahin, jou blinde dwaas, my bose broer, kyk vir my, vir wie jy met ‘n klip doodgeslaan het, wat nou verheerlik voor jou staan en sy hand vir jou bied, om vir jou met hom te versoen, en moet nie vir die voorkoms van die slang, wat jy self is, bang wees nie! Wie was dit dan, jy of die slang, wat teenoor die Here ontrou geword het? Het jy of die slang met jou vrou gemeenskap gehad soos die honde, sonder die vooraf offer, soos wat dit vir jou beveel was? Was dit jy of die slang, wat daar vir die groot hitte gevloek het en vir die Here net strooi geoffer het? Sê, het die slang of jy van afguns teenoor jou broer kwaad geword? En was die slang nie net ‘n uiterlike voorkoms van die bose in jou nie, waardeur jy jouself oorreed het, om in jou groot waansinnigheid jou broer te vermoor?

15. En hoe vloek jy daar nou vir die slang, wat tog jyself is, en hou op die ou end jou eie broer vir die voorkoms van die slang?! En het nie jou eie broer, toe hy nog liggaamlik lewendig was, vir jou gesê - toe jy gegaan het om hom vir die dood te gaan haal, en in jou groot slinksheid voorgegee het, dat hy jou van die slang moet bevry -, of jy dink, dat ook hy ‘n broedermoordenaar is nie?!

16. Sê en antwoord, of dit dan nie so is nie; en indien dit nie so is nie, dan eers vloek vir die slang, en moet nie vir my, wat van bo, as verheerlikte broer, gekom het om vir jou te help, vir die slang hou nie, maar hou vir jouself as die slang, en gee vir my jou nog met broederbloed bevlekte hand, sodat dit van sy groot skuld deur my broederliefde gereinig kan word en jy dan weer voor die oë van die Here genade sal vind!”

17. En sien, toe was Cahin in sy blindheid deur die Satan gevang en wou reeds vir die verleidster die hand gee. Maar sien, toe slaan ‘n geweldige weerlig vanaf die hemel tussen die leuenaar en Cahin, en die vermeende Ahbel het as slang op die grond gelê, en Cahin het aan sy hele lyf gebewe, en gewag op die versekerde oordeel van bo.

18. En sien, toe het Jehova uit die wolke gespreek: “Cahin! Waar is jou broer Ahbel, - waarheen het jy hom geneem?”

19. Maar Cahin het hom reggeruk deur vir die slang op die grond te kyk en het gesê: “Hoe vra Jy vir my daarna? Is ek sy oppasser?”

20. En die stem van Jehova het harder as van te vore gepraat: “Die bloed van jou broer, waarmee jy die aarde deurdrenk het, skree vir My! Ek het jou daad gesien; waar is Ahbel, jou broer?”

21. En Cahin het gesê: “Here, my sonde is so groot, dat dit nooit meer vir my vergewe kan word nie!”

22. “Ja”, sê Jehova, “daarom wees vervloek op die aarde, wat Ahbel se bloed verslind het; en wanneer jy in die toekoms daarop ‘n akker sal maak, dan sal dit vir jou geen brood meer gee nie en jy sal voortaan onstandvastig wees en sonder dak soos ‘n wilde dier daarop ronddwaal, en sal dorings en sydissels eet!”

23. Toe het Cahin groot geskrik en het met ‘n bewende stem gesê: “Here, Jy die Alregverdige, sien, Jy dryf vir my vandag uit hierdie land, en ek moet vlug voor Jou aangesig en onstandvastig ronddwaal op die aarde. En met my, arme swakkeling, sal dit so gaan, dat die’ een wat my sal vind, sal doodslaan; daarom betoon genade teenoor my ter wille van my familielede!”

24. En sien, toe het Jehova gesê: “Nee, niemand sal vir Cahin doodslaan nie, - want wie vir Cahin sou doodmaak, sal sewevoudig doodgemaak word! Sodat niemand aan hom sal vat nie, wil Ek vir jou op jou voorkop met ‘n swart vlek merk, sodat niemand meer vir jou sal herken en vir jou sal doodslaan nie.”

25. En nou sien, toe het Cahin met sy familielede uit My aangesig gevlug tot ver anderkant Heden (Eden) na ‘n diep geleë land Nhod. Maar Heden was ‘n mooi land met klein heuwels, vol van die beste vrugte; Cahin het van die plek gehou, en hy wou hier bly. Maar toe hy na die heuwels opgekyk het, toe het hy orals ‘n man, met ‘n kwaai gesig, sien staan en wat met ‘n klip in sy hand bewapen was, asof hy vir Cahin wag, om aan hom vir sy misdaad wraak te neem; en hierdie verskynsel was ‘n gevolg van die groot vrees in hom. En hy het gesien, dat hy nie hier sal kan bly nie.

26. Toe vlug hy verder en verder teen die oggend en het in ‘n groot vallei aangekom; toe het hy uitgeput neergeval en het vir drie dae en drie nagte geslaap. Toe het ‘n sterk wind van die berge af opgekom, wat vir die slapendes wakker gemaak het en het verder oor die wye vlaktes gesuis en gebruis en het uiteindelik in die laagtes van die land, wat daar ‘Nhod’ of ‘droë bodem van die see’ genoem word, gaan lê.

27. En Cahin het weer na die hoë kruine van die berge opgekyk, en hy het geen mans meer gesien nie; toe het hy nie geweet wat om te doen nie. Maar na ‘n kort rukkie het hy sy arms uitgestrek en het baie hard geskree: “Here, Jy die mees Regverdige, wanneer vanaf hierdie groot afstand my geskree nog Jou oor sal bereik, dan kyk genadiglik oor die kruine, ter wille van die kinders en my vrou, vir die gemerkte vlugteling deur die heiligheid van Jou oë, wat daar my voorkop met die nag van sonde gemerk het, sodat die misdaad nie aan my skoon voorkop herken kan word nie, wat daar op my voorkop, op die hande en die bors van die groot sondaar gemerk is, wie se sonde te groot is, dat dit ooit vir hom vergewe kan word.”

28. En sien, toe het ‘n wolk van die hoë berge af gekom, sewe-en-sewentig manshoogtes bokant die vlugtelinge, en ‘n sterk stem het daaruit gepraat, en dit was die stem van Ahbel, wat daar gesê het: “Cahin, ken jy hierdie stem?”

29. En Cahin antwoord: “O broer Ahbel, kom jy dan, om goedkoop wraak aan my, jou moordenaar, te neem, dan doen dit volgens die geregtigheid; maar spaar jou geseënde suster en haar kinders!”

30. Toe het die stem weereens gepraat en gesê: “Cahin, wie daar boosheid doen, is ‘n sondaar; wie daar boosheid met boosheid vergeld, is ‘n kneg van die sonde; wie goed doen ter wille van die goeie, die’ het die skuld afbetaal, en daar sal niks, wat sy aandeel sal wees, oorbly nie; wie daar meervoudig goed doen, is waardig vir sy broers; maar voor God tel daar net een ding, en dit is: om goed te doen vir boosheid, en vir hulle te seën, wat daar die weldoeners vloek, en om die lewe te gee vir die dood!

31. En sien, op grond van hierdie laaste een kom ek na jou; daarom moet jy nie vir my bang wees nie, aangesien ek van bo na jou toe gestuur is, om eerstens vir jou te wys, dat die Here in al sy beloftes waaragtig en getrou is, en tweedens, om vir jou aan te dui, dat jy in hierdie land met jou familielede moet bly en jy en hulle van die vrugte, wat jy in hierdie land sal vind, moet lewe en dan ook om vir jou te wys, dat jou broer jou daad, deur die groot liefde van die Vader in hom, vir jou vergewe het.

32. Maar my bloed moet jy met die trane van berou versoen, totdat die vlek van jou voorkop afgewas is; en jou kinders en jou vrou moet jy in alle vrees voor die Here lei. En wanneer jy dit vrywillig uit jouself uit vrees vir die Here sal doen, dan sal jy bly en lewe, soos wat jy is, ‘n verstoteling; maar met liefde sal jy die hard gemaakte hart van die geregtigheid roer.”

Hoofstuk 20 Mobiele weergawe Kommentaar