Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 20 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 20

1. En sien, toe het daar van alle kante af swart wolke bokant die kop van Cahin saamgetrek, en groot weerligte, begelei deur sterk donderslae, het na alle rigtings geslaan; en dit het begin om van alle kante af te woed en hewige warrelwinde het groot massas van hael oor die vrugbelaaide lande gestort en tot in die grond vernietig. En dit was die eerste hael, wat vanaf die hemel op die aarde gegooi was, en die hael was ‘n teken van die Liefde sonder barmhartigheid, aangesien die Godheid in Haar van nuuts af beledig was, deur die misdaad van Cahin aan sy broer Ahbel.

2. En sien, toe het die bose Cahin in sy hut gevlug en het sy vrou bewend op die grond sien lê en sommige van die mees ongeseënde kinders soos dooies langs haar. Toe het hy groot skrik en het vir die slang gevloek en het uit die hut gegaan en het oor die klip, wat die vlugtende slang voor sy deur geplaas het, geval en het hard op die aarde neergeslaan en hy het weereens vir die boosheid van die slang en vir die klip wat die dood gebring het, gevloek.

3. En toe hy weer opgestaan het, met sy lyf vol pyn, het hy na die oewer van die nabye rivier gegaan, om die vervloekte slang op te soek en om dit te vernietig en dood te maak.

4. Maar sien, toe hy nou volledig by die oewer aangekom het, sien hy ‘n afskuwelike ongedierte, 666 elle lank, 7 elle breed en dik, toegerus met tien koppe, wat stroomop na hom toe geswem het en hy sien toe nog, hoe op elke kop tien horings nes ‘n kroon uitgegroei het.

5. En sien, toe hierdie verskriklike slang nou in sy nabyheid was, toe praat sy uit al tien koppe gelyktydig en sê: “Nou, jy sterk Cahin, moordenaar van jou broer Ahbel, as jy lus is om met my te baklei, dan begin met jou werk van vernietiging!

6. Voorheen in die gras, toe ek nog swak was, kon jy wel vir my verskeur en my vleis en bloed opeet; maar nou sal ‘n soortgelyke taak by my waarskynlik nie meer moontlik wees nie, want die goeie kos, wat jy vir my, deur die bloed van jou broer, voorberei het, het vir my groot en sterk gemaak. En nou, indien jy nog wil, om vir my te vernietig, dan begin net, om jou wraak in my bloed af te koel. Maar aangesien jy net tien vingers en nie tien hande het nie en daarom nie al die koppe gelyktydig kan bykom nie, sal die oorblywende agt vir jou met hulle horings verpletter en vir jou met hulle agt bekke opvreet!”

7. Toe het Cahin hewig geskrik en het van die slang af weggevlug en het weereens vir die slang gevloek en het ingesien, hoe geweldig hy deur die slang bedrieg was. Toe dink hy: ‘Wie sal nou vir my met die ewige, regverdige God versoen, aangesien my broer Ahbel nie meer daar is nie?! O jy driemaal vervloekte slang, jy is die moordenaar van my broer en wou nou ook vir my vermoor! O, as ek geweet het, dat jy ten gronde sal gaan, indien ek ten gronde sal gaan, dan sou ek sy dood sewe keer aan myself gewreek het!”

8. En sien, toe staan die slang agter hom in die vorm van ‘n buitengewoon prikkelende vrou en sê vir hom: “Cahin, doen dit, en ek sal jou vlees opeet en jou bloed drink, en so sal ons weer volkome een wees en heersers oor al die wêreld wees.”

9. En Cahin het vir die mooi vrou gekyk en gesê: “Ja, dit is jou ware voorkoms; so is jy op jou verskriklikste! Wie vir jou sal sien met jou tien koppe, sal vir jou vlug soos voor die oordeel van die Godheid; maar aan wie jy in hierdie voorkoms sal verskyn, sal agter jou aanloop, jou vang, vir jou meer liefhê as vir God en homself baie gelukkig ag, wanneer jy hom met jou doodshande sal gryp, en die mense sal vir jou tempels en altare oprig en sal jou speeksel lek en jou uitskot eet.

10. En as ek nie vir jou met die tien koppe sou gesien het nie, dan sou ook ek jou slaaf geword het; maar nou ken ek jou deur en deur en verafsku vir jou in hierdie voorkoms meer as in die vorige met die tien koppe.”

Hoofstuk 20 Mobiele weergawe Kommentaar