Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 20 Die Huishouding van God, Boek 1

13. En nou kyk, toe het die slangvrou uit haar innerlike grimmigheid ontbrand, sodat haar hele wese soos ‘n son begin straal het, en sy het die voorkoms van Ahbel, met ‘n vriendelike gesig, aangeneem en het weereens vir Cahin gesê:

14. “Cahin, jou blinde dwaas, my bose broer, kyk vir my, vir wie jy met ‘n klip doodgeslaan het, wat nou verheerlik voor jou staan en sy hand vir jou bied, om vir jou met hom te versoen, en moet nie vir die voorkoms van die slang, wat jy self is, bang wees nie! Wie was dit dan, jy of die slang, wat teenoor die Here ontrou geword het? Het jy of die slang met jou vrou gemeenskap gehad soos die honde, sonder die vooraf offer, soos wat dit vir jou beveel was? Was dit jy of die slang, wat daar vir die groot hitte gevloek het en vir die Here net strooi geoffer het? Sê, het die slang of jy van afguns teenoor jou broer kwaad geword? En was die slang nie net ‘n uiterlike voorkoms van die bose in jou nie, waardeur jy jouself oorreed het, om in jou groot waansinnigheid jou broer te vermoor?

15. En hoe vloek jy daar nou vir die slang, wat tog jyself is, en hou op die ou end jou eie broer vir die voorkoms van die slang?! En het nie jou eie broer, toe hy nog liggaamlik lewendig was, vir jou gesê - toe jy gegaan het om hom vir die dood te gaan haal, en in jou groot slinksheid voorgegee het, dat hy jou van die slang moet bevry -, of jy dink, dat ook hy ‘n broedermoordenaar is nie?!

Hoofstuk 20 Mobiele weergawe Kommentaar