Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 21 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 21

1. En sien, toe het Cahin in sy groot vrees rustig geword. Die wolk het verdwyn, en hy het trane van berou geween en hy het gegaan, om voedsel vir sy familie te soek en het daaroor nagedink, hoe ver hy homself vanaf die Paradys verwyder het, en hoe hy nou heeltemal die liefde van die Here verloor het en nou in die harde geregtigheid verstoot was, staande op die drumpel van die oordeel uit God. En toe hy so dink, het sy trane van berou vermeerder, en hy het ook gedink, of dit wel nog enigsins moontlik sou wees, om ooit ook net die allergeringste deel van die liefde kan terug te kry.

2. En so het hy heen en weer en op en af gedink. En sien, toe het hy diep in gedagtes met sy familie by ‘n struik gekom, wat vol belaai was met braambessies; en aangesien almal baie honger was vir kos, wou hulle ook onmiddelik daarna gryp en volgens honger en lus in oormaat daarvan eet.

3. Maar sien, toe het Cahin ‘n goeie gedagte gekry en het vir die ander gesê: “O my vrou en my kinders, trek vinnig terug julle hande, wat julle oorgretig na die ryk kos uitgestrek het; want ons weet nog nie of dit die lewe of die dood inhou nie! Laat ons daarom eers op die aarde neerval en ons groot skuld voor God skuld beken, en laat ons vir Hom in die stof van ons nietigheid smeek, dat Hy genadiglik hierdie vrug moet seën; en indien Hy dit dalk uit sy oorgroot barmhartigheid sal doen, dan moet ons wat onwaardig is, eers vir Hom dankie sê, en dan eers kan ons bewend in vrees vir ons matig daaraan versadig.”

Hoofstuk 21 Mobiele weergawe Kommentaar