Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 21 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 21

1. En sien, toe het Cahin in sy groot vrees rustig geword. Die wolk het verdwyn, en hy het trane van berou geween en hy het gegaan, om voedsel vir sy familie te soek en het daaroor nagedink, hoe ver hy homself vanaf die Paradys verwyder het, en hoe hy nou heeltemal die liefde van die Here verloor het en nou in die harde geregtigheid verstoot was, staande op die drumpel van die oordeel uit God. En toe hy so dink, het sy trane van berou vermeerder, en hy het ook gedink, of dit wel nog enigsins moontlik sou wees, om ooit ook net die allergeringste deel van die liefde kan terug te kry.

2. En so het hy heen en weer en op en af gedink. En sien, toe het hy diep in gedagtes met sy familie by ‘n struik gekom, wat vol belaai was met braambessies; en aangesien almal baie honger was vir kos, wou hulle ook onmiddelik daarna gryp en volgens honger en lus in oormaat daarvan eet.

3. Maar sien, toe het Cahin ‘n goeie gedagte gekry en het vir die ander gesê: “O my vrou en my kinders, trek vinnig terug julle hande, wat julle oorgretig na die ryk kos uitgestrek het; want ons weet nog nie of dit die lewe of die dood inhou nie! Laat ons daarom eers op die aarde neerval en ons groot skuld voor God skuld beken, en laat ons vir Hom in die stof van ons nietigheid smeek, dat Hy genadiglik hierdie vrug moet seën; en indien Hy dit dalk uit sy oorgroot barmhartigheid sal doen, dan moet ons wat onwaardig is, eers vir Hom dankie sê, en dan eers kan ons bewend in vrees vir ons matig daaraan versadig.”

4. En sien, toe het almal ‘n paar treë van die struik terug getree en het volgens die wil en die regte insig van Cahin gedoen, wat daar hardop vir almal voorgebid het en weenend gesê het: “O jy mees regverdige, groot, heilige God, kyk genadiglik neer op ons wurms in die stof van nietigheid voor Jou, die Almagtige, wat dit nie kan waag, om hulle oë in die aller grootste skuld na Jou onuitspreeklike heiligheid op te lig nie! O dink aan ons swakheid, en moet nie ons arm, berouende, groot sondaars ten gronde laat gaan nie!

5. Sien, hierdie struik voor ons, blyk ‘n goeie vrug as voedsel vir ons sondaars te dra; maar ons waag dit nie, om daarvan te eet nie, aangesien ons deur ons groot boosheid blind geword het en daarom nie meer kan sien, of die dood, of die lewe daarin geberg is nie.

6. Wys daarom genadiglik vir ons, van watter gees hierdie vrug is, sodat ons dan eers vir Jou opreg kan vra, dat Jy, o bo alles Regverdige, die gif van die slang daaruit sal verwyder en net ‘n klein doudruppel van Jou seën daarop sal laat val, sodat ons nie sal vergaan nie. O, Here, Jy Regverdige, Jy Heilige, luister, luister, luister vir ons swak versoek!”

7. En sien, toe het daar ‘n gloeiende rooi wolk van die berge af na die vallei oor die struik gevlieg; en uit die wolk het ‘n heftige weerlig met ‘n sterk donderslag die struik raak geslaan. En sien, toe het ‘n groot slang met ‘n sisgeluid daaruit gevlug en het met ‘n oop bek in die rigting van Cahin gestorm; en hy het groot daarvoor geskrik. Maar sien, die weerligte het haar nie uitgelos nie en het haar vinnig na die warm sand van die wye woestyn verdryf; en toe sy volledig uit die sig van Cahin verdwyn het, het hy sy gesig weer na die struik gedraai en het vir God in stilte vir die genadiglike redding uit die grootste van alle gevare, gedank.

8. En sien, toe het hy ook gesien, hoe uit die wolk van vuur groot druppels oor die struik begin val het, sodat ver rond om hulle die aarde nat geword het.

9. En Cahin het saam met sy familie die groot vrygewigheid van die Here aanskou en het weereens met sy hele familie op die aarde neergeval en het vir God met alle gloed van sy hart vir die’ groot weldade gedank en het met trane in die oë gesê: “O Here, Jou geregtigheid is groot en onbegryplik, - maar hoe groot moet eers Jou liefde wees, aangesien Jy nog in staat is, om aan die grootste sondaar met so baie weldade uit Jou, te dink, o Jy die ewige Liefde! Hoe groot moet tog die boosheid wees, wat Jou ooit kon misken het!”

Hoofstuk 21 Mobiele weergawe Kommentaar