Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 21 Die Huishouding van God, Boek 1

13. En sprei uit in die land van die dieptes; maar nooit mag dit iemand van julle waag om ‘n voet op die berge te sit nie, want hulle kruine is heilig en is as woning vir My kinders bestem! Wie ooit van julle hierdie gebod sal oortree, sal die buit word van die diere wat daar as wagte geplaas is - soos bere, wolwe, hiënas, leeus, tiere en ook groot, lewendige slange, wat heel aan die onderkant sal woon - net soos ‘n klomp mak diere, wat later aan julle onderdanig sal word.

14. Behalwe as iemand van julle heeltemal vroom sou word en die vuurproef van My liefde sal deurstaan, vir hom sal dit toegelaat word, om in die maag van die berge te dring, om daar erts en yster te versamel, om dan daaruit werktuie te berei, soos wat julle behoeftes dit vir julle sal leer.

Hoofstuk 21 Mobiele weergawe Kommentaar