Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 21 Die Huishouding van God, Boek 1

9. En Cahin het saam met sy familie die groot vrygewigheid van die Here aanskou en het weereens met sy hele familie op die aarde neergeval en het vir God met alle gloed van sy hart vir die’ groot weldade gedank en het met trane in die oë gesê: “O Here, Jou geregtigheid is groot en onbegryplik, - maar hoe groot moet eers Jou liefde wees, aangesien Jy nog in staat is, om aan die grootste sondaar met so baie weldade uit Jou, te dink, o Jy die ewige Liefde! Hoe groot moet tog die boosheid wees, wat Jou ooit kon misken het!”

10. En sien, toe kon daar uit die wolk wat nog van seën gedrup het ‘n stem gehoor word, wat verneembare woorde gespreek het, wat daar gesê het: “Luister jy, Cahin! Ek het My geregtigheid in liefde omskep; maar die liefde sal net by diegene wees, wat dit in toekoms nie net in nood en moeilike tye sal soek nie, maar in hulle vrolikheid en hulle vryheid.

Hoofstuk 21 Mobiele weergawe Kommentaar