Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 22 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 22

1. En nou kyk, toe het hulle geëet en vir ‘n tyd lank het hulle gedoen, soos wat dit vir hulle beveel was. Cahin het nou weer sy vrou herken en het met haar ‘n seun verwek en het vir hom die naam ‘Hanoch’ gegee, wat beteken ‘die eer van Cahin’. En Cahin het al sy kinders bymekaar geroep en gesê: “Kinders, kyk vir hierdie nuwe broer, wat die Here vir my as ‘n heerser oor julle gegee het, wat ek van hom sal maak, sodat daar orde onder julle sal heers en ‘n einde aan julle gestry en julle getwis sal kom. En hy sal vir julle gebooie gee en sal vir die wat getrou is, prys en die oortreders tugtig, sodat ook ons ‘n volk kan word, groot en vol roem, net soos die kinders van God, wat hierdie wette nie nodig het nie, aangesien hulle die liefde het, wat vir hulle vry maak, maar vir ons, as gevolg van my sonde, onder hulle voete geplaas het, wat vir ons sal vertrap, indien ons wat wette- en ordeloos is, nie iemand het, wat vir ons kan instaan en vir ons voor hulle groot mag kan regverdig nie.

2. Sien, hulle God is ook ons God; maar hulle het in hom ‘n goeie Vader - maar ons het ‘n Regter! Die Vader ken hulle liefde, en Sy oë en ore is by hulle. Maar by ons is dit nie so nie. Ons is aan onsself oorgelaat en kan doen, wat ons wil; maar indien ons wil bestaan, dan benodig ons wette en ordelikheid. Andersins kan daar een die ander een na willekeur doodslaan, wanneer daar twis en geskille ontstaan, en dan sal die houer van geregtigheid voor die tyd vol word, en ons sal dan almal ten gronde gaan deur die groot gewig van die gruweldade wat op ons sal neerstort. Laat ons daarom almal kragtig saam staan en klippe bymekaar maak, groottes en kleintjies, en vir hom ‘n hoë vaste woning oprig, en vir elkeen van ons ‘n kleiner een in ‘n wye kring om die’ van hom, sodat hy oor almal se doen en late kan toesig hou en hulle dophou. Maar hy, as ‘n vors in julle midde, sal van enige werk vrygestel wees en moet eet van julle hande.

3. Maar vir nou is ek as vader, in die naam van die geregtigheid van God, julle almal se wetgewer, en wee hom, wat teenoor my gebooie ongehoorsaam is! My vloek sal hom hard tref; maar dan sal daar geen barmhartigheid vir die vervloekte persoon in my hart, waar daar geen liefde meer is nie, maar net geregtigheid woon, wees nie.

4. Sien, waar die liefde woon, daar is ook barmhartigheid, en daar geld liefde vir regverdigheid; maar waar daar net geregtigheid woon, daar kan net reg vir reg geld en oordeel vir oordeel, loon vir loon, getrouheid vir getrouheid, gehoorsaamheid vir die wet, oordeel vir ongehoorsaamheid, straf vir oortreding, vloek vir verraaiery en dood vir dood.

5. En dit sal ‘n heiliging van hierdie my uitspraak wees, dat ek nou vir julle almal by die hemel en sy onverbiddelike geregtigheid en by die aarde, die harde woonplek van die vloek van God, sweer, dat elke oortreder skerp en presies getref sal word, deur wat ek nou hier, deur my mond as vader en as vors, vir julle meegedeel het.

Hoofstuk 22 Mobiele weergawe Kommentaar