Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 22 Die Huishouding van God, Boek 1

En nou kyk, toe het hulle geëet en vir ‘n tyd lank het hulle gedoen, soos wat dit vir hulle beveel was. Cahin het nou weer sy vrou herken en het met haar ‘n seun verwek en het vir hom die naam ‘Hanoch’ gegee, wat beteken ‘die eer van Cahin’. En Cahin het al sy kinders bymekaar geroep en gesê: “Kinders, kyk vir hierdie nuwe broer, wat die Here vir my as ‘n heerser oor julle gegee het, wat ek van hom sal maak, sodat daar orde onder julle sal heers en ‘n einde aan julle gestry en julle getwis sal kom. En hy sal vir julle gebooie gee en sal vir die wat getrou is, prys en die oortreders tugtig, sodat ook ons ‘n volk kan word, groot en vol roem, net soos die kinders van God, wat hierdie wette nie nodig het nie, aangesien hulle die liefde het, wat vir hulle vry maak, maar vir ons, as gevolg van my sonde, onder hulle voete geplaas het, wat vir ons sal vertrap, indien ons wat wette- en ordeloos is, nie iemand het, wat vir ons kan instaan en vir ons voor hulle groot mag kan regverdig nie. – Die Huishouding van God, Boek 1, Hoofstuk 22, Paragraaf 1

Hoofstuk 22 Mobiele weergawe Kommentaar