Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 22 Die Huishouding van God, Boek 1

5. En dit sal ‘n heiliging van hierdie my uitspraak wees, dat ek nou vir julle almal by die hemel en sy onverbiddelike geregtigheid en by die aarde, die harde woonplek van die vloek van God, sweer, dat elke oortreder skerp en presies getref sal word, deur wat ek nou hier, deur my mond as vader en as vors, vir julle meegedeel het.

6. Maar dan kom julle broer as julle ware heerser en wetgewer volgens sy regverdige insig en vrye willekeurigheid, - daarom sal hy ook van die wet vrygestel wees, aangesien elkeen van sy vrye handelinge vir julle ‘n wet sal word en moet bly, totdat hy dit vir goed sal ag, om dit weer op te hef.

7. Nou is my wil aan julle bekend, en daarvolgens handel en doen, indien julle deur wet en orde onder die streng geregtigheid wil bestaan, ter vermyding van die oordeel, wat andersins almal sal tref, indien daar nie in die wet oordeel vir oordeel bepaal sal wees nie.”

8. En sien, toe het almal uitmekaar gegaan en het hard begin werk, om ‘n stad te bou, waaraan hulle sestig jaar lank gebou het. Aangesien die geboue dikwels inmekaar gestort het, het hulle baie tyd vir die bou van die woning van die nuwe vors benodig en kon dit eers voltooi, nadat Ek vir Hanoch in ‘n droom gewys het, hoe hulle moet bou, aangesien Ek vir die arme kinders jammer was, wat gedurende die bouery, deur die tot dusver baie geordende streng en wetlik korrekte Cahin aan veelsydige en erge mishandelings blootgestel was, wat nou sy familielede as ‘n tiran onder groot skrik en onder groot vrees en angs vir die strawwe sonder genade en barmhartigheid gelei het, omdat daar in hom geen liefde was nie, maar net regverdigheid en gehoorsaamheid teenoor al die wette, - maar hy het nie daaraan gedink nie, dat gehoorsaamheid, wat ‘n blote gevolg van te groot vrees is, eintlik tog nie in die allerminste graad gehoorsaamheid is nie, maar net eieliefde. Want wie vir homself lief het, die hou by die wet bloot uit vrees vir die versekerde strawwe wanneer daar oortree word, aangesien hy vir homself jammer is, wanneer hy die pyn van die straf in sy onbeholpe swakheid voel; maar indien hy ook net die geringste geleentheid vind, waar hy nie in sy hart dopgehou word nie, dan sal hy die wet en die wetgewer vloek en sal dit binnekort met die voete trap.

9. En indien sodanige persoon die geleentheid het, om op enige wyse ‘n groter krag te versamel, dan sal hy dubbeld grusaam al die wette, mag hulle nou goed of sleg wees, aanval en sal hulle saam met die liefdelose wetgewer, vernietig. (NB. Dit moet ook deeglik deur alle leiers en wetgewers van hierdie tyd, in ag geneem word; want ook vir hulle wag dieselfde lot, indien hulle dink, dat vrees die enigste middel is, om wet en orde en hulle voordele deur die stom gehoorsaamheid van die slawe te handhaaf; andersins sal dit almal vroeër of later hard aanvoel, wat die vrugte van wette is, waar die oorsprong daarvan nie in die suiwerste, onselfsugtige liefde geleë is nie, hetsy hier op aarde of dan verseker in die hiernamaals.)

10. Want sien, die rede hoekom Cahin so geregtelik wreed opgetree het, was omdat hy nie altyd volle genade en bereidwilligheid by My gekry het nie, elke keer wanneer hy na ‘n bose daad trane van berou gestort het. Dit kon Ek egter nie doen nie, aangesien sy berou net op die verlies van genade, maar nie op My liefde gerig was nie.

11. En sien, wie so treur, die treur nie in ware diepte oor die verlies van die lewe nie, maar hoofsaaklik net oor die verlies van die gemaklike lewe; en sodanige berou is vals, aangesien niks vir hom aan die hereniging met My geleë is nie. En sou Ek dan ook vir hom gee, wat hy nie eintlik wil hê nie, dan sou hy net die dood deur die uitruiling van wil verkry, aangesien die vrye wil die eintlike lewe van die mens is.

12. En sien, dit was ook die geval by Cahin, aangesien hy die liefde verban het en in plek daarvan die geregtigheid aangeneem het, sonder om te besef, dat sonder liefde geen geregtigheid bestaan nie, en dat die geregtigheid die hoogste liefde self is, waarsonder alles ten gronde sou gaan en noodwendig moes.

Hoofstuk 22 Mobiele weergawe Kommentaar