Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 22 Die Huishouding van God, Boek 1

8. En sien, toe het almal uitmekaar gegaan en het hard begin werk, om ‘n stad te bou, waaraan hulle sestig jaar lank gebou het. Aangesien die geboue dikwels inmekaar gestort het, het hulle baie tyd vir die bou van die woning van die nuwe vors benodig en kon dit eers voltooi, nadat Ek vir Hanoch in ‘n droom gewys het, hoe hulle moet bou, aangesien Ek vir die arme kinders jammer was, wat gedurende die bouery, deur die tot dusver baie geordende streng en wetlik korrekte Cahin aan veelsydige en erge mishandelings blootgestel was, wat nou sy familielede as ‘n tiran onder groot skrik en onder groot vrees en angs vir die strawwe sonder genade en barmhartigheid gelei het, omdat daar in hom geen liefde was nie, maar net regverdigheid en gehoorsaamheid teenoor al die wette, - maar hy het nie daaraan gedink nie, dat gehoorsaamheid, wat ‘n blote gevolg van te groot vrees is, eintlik tog nie in die allerminste graad gehoorsaamheid is nie, maar net eieliefde. Want wie vir homself lief het, die hou by die wet bloot uit vrees vir die versekerde strawwe wanneer daar oortree word, aangesien hy vir homself jammer is, wanneer hy die pyn van die straf in sy onbeholpe swakheid voel; maar indien hy ook net die geringste geleentheid vind, waar hy nie in sy hart dopgehou word nie, dan sal hy die wet en die wetgewer vloek en sal dit binnekort met die voete trap.

9. En indien sodanige persoon die geleentheid het, om op enige wyse ‘n groter krag te versamel, dan sal hy dubbeld grusaam al die wette, mag hulle nou goed of sleg wees, aanval en sal hulle saam met die liefdelose wetgewer, vernietig. (NB. Dit moet ook deeglik deur alle leiers en wetgewers van hierdie tyd, in ag geneem word; want ook vir hulle wag dieselfde lot, indien hulle dink, dat vrees die enigste middel is, om wet en orde en hulle voordele deur die stom gehoorsaamheid van die slawe te handhaaf; andersins sal dit almal vroeër of later hard aanvoel, wat die vrugte van wette is, waar die oorsprong daarvan nie in die suiwerste, onselfsugtige liefde geleë is nie, hetsy hier op aarde of dan verseker in die hiernamaals.)

Hoofstuk 22 Mobiele weergawe Kommentaar