Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 23 Die Huishouding van God, Boek 1

5. En toe maak die nuwe vors sy mond oop en het met ‘n baie gesaghebbende stem gesê: “Luister dan, julle almal wat my onderdane is, manlik en vroulik! Niemand mag ooit iets as sy eiendom beskou nie, terwyl alles net as my eiendom beskou moet word, sodat die gestry en getwis onder julle ‘n einde moet kry! Daarom sal julle in toekoms net vir my dien en vir my skure werk; daarvoor sal elkeen van julle volgens sy ywerigheid kos kry, en die mees getroues mag nader aan my kom as die wat minder getrou is, en die opsigters en die wetstoepassers en die wat die regverdige strawwe voltrek, sal beter kos ontvang. Wee hom wat ongehoorsaam is! Vir hom sal ek na die berge uitdryf, en die diere daar sal hom verwurg en verskeur. Maar diegene wat die wet uit traagheid, onoplettendheid en uit ligsinnigheid sal oortree, sal met stokke tot op die bloed getugtig word; maar hulle, wat dit sal waag, om vir my as vors in enige iets te weerspreek, sal met slange tot in die murg van hulle beendere getugtig word, en hulle tonge sal vir hulle uitgeruk word en vir die slange as kos gevoer word. En wie ooit vir my met skewe oë sal kyk, vir hom sal die oë uitgesteek word, sodat hy voortaan nie meer sy vors sal kan aanskou nie. Die een wat traag is, sal ‘n vragdraer word en sal soos ‘n pakdier met stokke en knuppels behandel word, sodat sy voete sal hardloop en sy hande vinniger sal word.

Hoofstuk 23 Mobiele weergawe Kommentaar