Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 27 Die Huishouding van God, Boek 1

1. Ek wil nie op die mishandelings, wat by die bou van so ‘n stad plaasgevind het ingaan nie, maar Ek wil op die hoofsaak ingaan. - Toe die stede nou voltooi was, het die tien vorste na Hanoch gegaan en gesê: “Hanoch, jy groot, verhewe god van alle mag en krag (NB. ofskoon hy al swakker as ‘n muggie en hoegenaamd geen mag meer besit het nie) en aller grootste meester van alle geregtigheid (NB. wat niks as roof, hoerery, bedrieëry, alle boosheid, gevoelskoud, slangbroeisel, wreedheid, leuens, vleiery en misdadiger van alle soort was nie)! Sien, jou volk het groot geword onder die alwyse leiding van jou onbeperkte, onbegryplike en onverstaanbare geregtigheid (NB. Dit was in der daad vir hom ‘n onbeperkte, en vir hom heel onbegryplike en nog meer ‘n totaal onverstaanbare geregtigheid) en het versprei oor die hele wye land van jou goddelike heerlikheid en kan dus nie meer van hierdie jou hoë woning beheer word nie, en sou ons hulle onder ons oë laat uitgaan, dan sou hulle doen wat hulle wil; ja, hulle kon selfs so ver afdwaal, dat hulle in plek daarvan om vir jou te aanbid, vir wie alleen alle aanbidding betaam, weer sal begin om die ou God van Cahin te roep en te aanbid, en dit is moontlik dat dit die ou God sal byval, om een van hulle aan te hoor en vir hom met ‘n onoorwinbare mag toe te rus, waarvolgens hy dan ‘n groot volk om hom sal versamel, vir ons sal aanval en ons almal sal vernietig. (NB. Sulke bekommernisse betaam natuurlik vir ‘n sodanig magtige god!)

Hoofstuk 27 Mobiele weergawe Kommentaar