Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 27 Die Huishouding van God, Boek 1

15. Van almal was daar op die toespraak van Kahrak net ‘n eenstemmige saamstemmery te hoor, waarop Nohad opgestaan en gesê het: “Julle ken my amp en my vak, waarmee ek die wil van Hanoch met alle getrouheid, alle fluksheid en ywer gedien het! En tog vra ek vir julle almal, wat ek oor ‘n lang tyd daardeur gebaat het, dan sal elkeen van julle met sekerheid kan sê: Niks nie en weer niks nie! Dit beteken: Ek het vir die grootste bedrieër gehelp om te bedrieg en was dus self ‘n bedriegte bedrieër; ek moes as gevolg van sy huigelagtige bedrog voor die massas in ontbering lewe, vir my in die openbaar - bloot as gevolg van ‘n onnosele skynheilige mening - as die mees noukeurigste toepasser van die wet elke bietjie vrolike genot ontsê, en pleks daarvan om in die geheim lof en ‘n onsigbare vergoeding vir die openbare onsin te ontvang, het ek deur sy onbegryplike dwaasheid nog die ergste berispings en dreigemente van alle soort ontvang. Julle almal het dit baie makliker gehad en kon volgens julle genot baie dinge doen, wat vir my onmoontlik was, aangesien ek aan die voorpunt van sy wetlike dwaasheid gestaan het en moes doen en elkeen van sy waansinnige en afskuwelike wense in presiese uitvoering bring, om dit dan deur my gedwonge huigelary, wat ek wel goed kon doen - of dan verplig was om goed te kan doen -, ‘n tipe wetlike kleur te gee, waarvoor ek dan vir my as die regmatige bedrieër op grond van die volgeldige bedrog weer moes laat bedrieg, en dit drievoudig: eerstens deur Hanoch ter wille van die wet, tweedens deur myself ter wille van die volk, en derdens deur die volk en julle almal ter wille van Hanoch. Ek glo, dat ek vir julle voldoende rede vir my volle ontevredenheid aan die dag gelê het en het daardeur ook my bedrieglike gedaante voor julle voete geplaas. En nou oordeel self, of ek verkeerd is, wanneer ek uit dankbaarheid vir sulke erkenning die drievoudige bedrog van my neem en dit met alle geweld op Hanoch se kop slinger, aangesien ek vir hom voor die volk sal ontmasker. En dan sal hy kan toesien, waarheen sy godheid sal gaan, en dat hy agter dit soos ‘n hinkende mens agter ‘n takbok kan aanloop. En sodoende wil ek doen, wat Kad besluit het, en wil die raad van Kahrak stiptelik nakom, en my heffings aan hom sal vir sy oë onskadelik wees, en die gedraf van my kamele sal nie sy ore lastig val nie. En as sodanig neem ek besit van die stad met my naam.”

Hoofstuk 27 Mobiele weergawe Kommentaar