Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 27 Die Huishouding van God, Boek 1

34. O julle skurke, julle uitwerpsels van alle boosheid! Vra net vir julleself, of daar ooit ‘n eerlike trek vir julle tot iets gemaak het! Want alles, wat ek en julle is, het geslaag deur slinksheid, agterbaksheid, bedrog, vleiery en huigelary. Het die arme volk dan nog nie genoeg gely nie? Het hulle dan nie reeds so ellendig geword dat hulle byna nie meer soos mense lyk nie? Het hulle dan nie reeds die laaste druppel bloed onder julle houe vergiet nie? En het ons ooit iets goeds vir hulle gedoen, daarvoor dat hulle vir ons vir so lank gewillig gevoed het, in ruil vir mishandelings van alle denkbare soort?! Het hulle, wat julle dieremense noem, nie ook die reg op alles, wat die aarde dra nie? En dit was vir hulle verbied, om te eet van al die vrugte, wat daar ryp geword het, maar net van die’ wat vrot geword het. En nog is julle daarmee nie te vrede nie, maar wil vir hulle nog duisend keer ongelukkiger en meer ellendiger maak, as wat hulle alreeds is?!

Hoofstuk 27 Mobiele weergawe Kommentaar