Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 3

So het die Here tot en in my gespreek vir ieder en elk; en dit is waar, getrou en gewis:

1. Ek is ‘n goeie gasheer; ook nie ‘n enkele broodkrummeltjie sal verlore gaan nie. Wie sy kapitaal by My belê, sal dit vir hom hoë rente bring, en dit sal in My hart ingereken bly, en die rente sal groei in alle ewighede der ewighede. Kyk op, jou dwaas, en aanskou die sterrehemel! Wie het ooit die sonne getel, wat geen einde het nie, en al die aardes, wat Ek by die duisende by elkeen om hulle geskep het?! En Ek sê vir jou, Ek wat waaragtig en getrou is in elkeen van My woorde: vir ‘n pennie gee Ek ‘n aarde en vir ‘n sluk vars water ‘n son. Waarlik, Ek sê vir jou: Die geringste daad van naasteliefde sal op ‘n ongehoorde, onuitspreeklike wyse beloon word!

2. Jy vra vir My, of daar orals ook mense is, soos hier op aarde, wat jy bewoon, en Ek sê vir jou: Ja, daar is orals mense, wat uit My ingewande voortgaan en My herken volgens die geaardheid van die ingewande; en die wat uit My hande voortgaan en vir My aan My hande herken; en die wat uit My voete voortgaan en vir My aan My voete herken; en die wat uit my kop voortgaan en My en vir My volgens My kop herken en die wat uit my hare voortgaan en vir My aan My hare herken; en die wat uit My lendes voortgaan en vir My aan My lendes herken; en oor die algemeen diegene wat uit alle en elke afsonderlike deel van My liggaamswese voortgaan, en vir My daarvolgens herken. En hulle lewe en hulle saligheid is ooreenkomstig die’ deel, waaruit hulle voortgegaan het, en hulle is almal My skepsels, wat Ek lief het; want Ek is in geheel liefde en is orals die liefde Self.

3. Maar die mense op hierdie aarde het Ek uit die sentrum van My hart na vore geroep en het hulle volkome volgens my ewebeeld geskep, en hulle was nie net bedoel om my skepsels te wees nie, maar om My liewe kinders te wees, wat vir My nie as God en Skepper nie, maar net as hulle goeie Vader moes herken, wat vir hulle na ‘n kort proeftydperk weer ten volle na Hom toe wil neem, sodat hulle daar alles moet hê, wat Hy Self het, en by Hom sal woon vir ewig en met Hom heers en oordeel die heelal. Maar sien, al My skepsels het My as hulle Skepper in dankbare vreugde van hul bestaan lief; maar My kinders wil nie hulle Vader hê nie en versmaai Sy liefde!

4. Sien, Ek is hartseer, wanneer Ek sien, hoe uurliks duisende en duisend maal duisende verwelk en sterf! O, indien Ek hulle tog net kon help! Is dit nie hartseer, wanneer die Almagtige nie kan help nie?!

5. Jy vra alreeds weer vir My, hoe dit dan moontlik is? O ja, sê Ek vir jou, dit is baie moontlik! Sien, al My skepsels hang aan My mag, maar My kinders hang aan My liefde! - My mag gebied en dit gebeur; maar My liefde wens net en gebied in alle sagmoedigheid die vrye kinders, en die vrye kinders verstop hulle ore en wil nie die aangesig van hulle Vader aanskou nie. Daarom, omdat hulle vry is, soos Ek dit is, kan Ek vir hulle nie help nie, indien hulle dit nie wil nie. Want My mag gaan oor alles; maar My wil is onderdanig aan My kinders. Maar dit moet elkeen agter sy ore skryf: Ek is julle Vader, maar is ook julle God, en behalwe vir My is daar niemand meer. Wil julle My as Vader of as God? - Julle dade sal vir My die beslissende antwoord gee.

6. So onthou dit dan: Die liefde woon net in die Vader en heet die Seun. Wie dit versmaai, die’ sal met die magtige Godheid te doen kry en sal van sy vryheid vir ewig beroof word, en die dood sal sy aandeel wees; want die Godheid woon ook in die hel, maar die Vader woon net in die hemel. God oordeel alles volgens Sy mag; maar die genade en die ewige lewe is net in die Vader en heet die Seun. Die Godheid maak alles dood; maar die Seun of die liefde in My, het lewe, gee lewe en maak lewendig.

7. Dit alles sê die goeie gasheer en die spaarsame Vader vir al Sy kinders, sodat hulle hulleself moet verbeter, om eendag die erfenis, wat Ek vir hulle van ewigheid af so getrou berei en bewaar het, sal kan ontvang.

8. Vir jou vriende en broeders sê in alle liefde: Ek, hulle liefdevollste Vader, het alreeds altwee My arms uitgestrek, om hulle almal aan My hart vir ewig, ewig te druk. Hulle moet net nie meer van My af wegdraai nie, maar hulle moet onverpoos in My aangesig kyk, en My oë sal dit vir hulle sê, ja sal dit hardop vir hulle verkondig, hoe baie lief Ek vir hulle is, en hoe opreg Ek dit met hulle bedoel.

9. Sê vir hulle: Ek het hulle sondes voor My oë weggevat, en het hulle so wit soos sneeu gewas; dit is nou geen hindernis meer nie. Ek wil vir hulle nie meer ‘n onsigbare Vader wees nie; hulle moet My aldag aanskou en met My vrolik wees en skerts en bly wees; al hulle bekommernisse moet hulle net aan My oordra.

10. O, met watter vreugde wil Ek verder vir hulle sorg! O, wat is alle vreugdes en salighede van My hemele vir My, die Vader, in vergelyking daarmee, om deur My liewe kinders as enigste, ware Vader gelief te word!

11. Sien, alle salighede gee Ek vir julle vir hierdie enkele een, wat Ek net vir Myself bestem het, en daarom moet My kinders ook niemand anders, behalwe vir My, net vir My alleen, hulle Vader noem; want Ek is dit ook en is dit ook met volle reg, en niemand kan vir My die reg ontneem, aangesien Ek die Enigste, Allenige is, en behalwe My niemand nie.

12. Sien, Ek wil hulle (dit beteken: jou vriende en broers) vir jou almal by die naam noem: H L V T S S A S S (die betekenis van hierdie tien letters word aan die einde hierdie band gegee). Hulle moet almal My Vaderlike uitnodiging ontvang en vandag nog, indien hulle wil, sal vir hulle die poorte van die hemel, wat die oë van hulle gees is, oopgemaak word en Ek wil vandag nog in hulle harte woon. Nog net een ding moet hulle met uithouvermoë doen, naamlik hulle moet hulle vlees uit die put, waarin daar lewendige water is, skoon was en hulle moet ‘n staaf neem, waarvan een die helfte swart en die ander helfte wit is; hulle moet dit in die helfte deurbreek, en die swart deel moet hulle vir die wêreld onder die voete gooi en die wit deel vir hulle self behou as teken, dat hulle met die wêreld en sy vlees vir altyd gebreek het.

13. Maar dit beteken, dat hulle ernstig in hulle self moet gaan, hulleself ten volle moet herken, en vir My dan hulle herkende misdade in hul harte getrou en waar voordra. Ek sal die onraad uit hulle harte verdelg, en sal vir hulle met die vuur van My goddelik-vaderlike liefde vervul. En as sodanig gereinig moet hulle hulleself dan vir die Priester deur en in die bieg gaan wys; en dan sal Ek kom, en met hulle by die altaar, die vreugdefees hou.

14. Sê vir hulle nog daarby, dat hulle hulle tog nie in en aan die kerk moet stamp nie; want elke soort kos, wat Ek aanbeveel, reinig Ek vir diegene, wat dit in die gees en in waarheid wil geniet, en dan moet hy dit geniet sonder bekommernis. Wat Ek vir My kinders gee, dit is rein en word deur die uiterlike vorm nie vir diegene, vir wie Ek dit geseën het, ontheilig nie. Die tempel sal Ek seën, en die plek, waar hulle hulle ook al sal bevind, sal heilig wees; want Ek, hulle heilige Vader, sal in hul midde onder hulle, waar hulle ook sal heengaan, daar wees, en geen haar aan hulle sal beseer word nie.

15. Sê vir hulle reguit en gewis: My liefde wag vir hulle, en My arms wil Ek nie eerder sluit, voordat hulle nie almal in my arms sal rus, waar hulle hulle liefdevolste, heilige Vader van aangesig tot aangesig sal aanskou en hul vreugdes nooit ‘n einde sal neem nie. Amen!

16. Sê vir almal, wat My soek, dat Ek altyd by die huis is, nooit uitgaan nie, en dat Ek nie net sekere ure of tye gekies het, wanneer ‘n mens na My toe kan kom soos na die konings van die aarde en alle groottes van die wêreld nie. Dus nie net op die Sabbat of ander feesdae nie, maar elke minuut is vir My ‘n hart wat liefhet, aangenaam, en selfs in die nag het Ek nog nooit voor iemand die deur gesluit nie; dus wanneer julle ook al sal klop, wil Ek sê: “Komm binne!”.

17. Jy moet en kan dit nou alreeds vrylik sê, of Ek vir jou ooit iets op ‘n sekere tyd genoodsaak het om te doen, en of dit dan nie altyd aan jou vrye wil oorgelaat was, om jou na My toe te begewe en om iets te vra, wat jy wou weet nie, en of Ek ooit ‘n vraag aan jou skuldig gebly het! En het jy vir My uit die hel gevra, dan het Ek vir jou geantwoord; en was jy op die aarde, dan het Ek met jou gepraat; en in die hemele het Ek met jou gepraat. Gedurende die dag en die nag is My oor steeds na jou gerig. Wat jy hier skryf, skryf jy tog net volgens jou eie tyd en wil, en vir My is dit altyd aanvaarbaar, en vir solank as wat jy wil, en hoeveel jy wil, en sien, met My is dit in orde! Daarom sê vir hulle heel getrou: Vir My maak dit nie saak nie; wanneer iemand na my toe kom, daar sal na hom geluister en hy sal aangeneem word!

18. Sê dit vir die kinders, dat hulle tog nie die spot met My moet dryf nie, maar dat hulle dit moet ernstig opneem! Sê vir hulle, dat Ek deurgaans geen grapmaker is nie, nog minder enige grap verdra nie; want Ek bedoel dit ernstig met almal, met groot en klein, met jonk en oud, met manlik en vroulik. Geen uitsonderings word by My gemaak nie.

19. Want sien, My skepsels, wat niks beteken, vernietig Ek oombliklik en vernietig hulle vir ewig; maar vir My kinders het Ek ook volop strawwe en wil die ongehoorsaamheid tugtig tot op die laaste druppel van hulle bloed, en hulle sal dan beslis herken, dat Ek ten minste die Here in die huis is, indien hulle My dan nie as die liefdevolle, heilige Vader wil herken nie.

20. Maar wee diegene, wat My vaderlike tugtigings misken en verkeerd vertolk! Ek sê dit weer ‘n keer: Wee hulle! Hulle sal die Vader verstoot, en hulle sal dan met hulle ewig onverbiddelike God te doen hê. Dit sê Ek vir jou, ‘n slegte, lui kneg. Amen. Ek, Jehova, Amen.

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar