Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 35 Die Huishouding van God, Boek 1

24. En toe op die’ manier die tier sy toespraak, kragtig en doelgerig voltooi het, het die beurt nou aan die leeu gekom, wat ook skielik, van agter ‘n boskasie, met ‘n reuse sprong voor die ietwat meer moedige oë van Sihin, ‘n vaste posisie ingeneem het, sy bek ver oopgemaak het, en soos voorheen, ook begin het om te praat, deur te sê: “Luister, julle dowe, en kyk, julle blinde, kammakastige maghebbers van die aarde, julle sterk konings, vorste en here van die wêreld in julle muggieswakheid! Wat meen julle, die eerste plig van ‘n vrye skepsel sou wees, wat sy kragte, wat hy van God ontvang het, na willekeur kan gebruik, wat daar deur niks gestrem is en kan wees nie, om vanuit die liefde van die groot, almagtige Skepper te dink?

Hoofstuk 35 Mobiele weergawe Kommentaar