Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 37 Die Huishouding van God, Boek 1

1. Voordat ons nou na Hanoch sal terugkeer, moet Ek vir julle noodwendig nog iets meer van die inwoners van China vertel. Onthou en sien, wat eerstens die grootte van die groot kinders van My liefde betref, dan is julle begrip verkeerd, indien julle daaronder ‘n liggaamlike grootte verstaan, omdat 666 duim ‘n volgetal van My liefde in die mens is. Maar duim dui op die maatstaf van die goeie uit die liefde vir My; daarvan is 600 dele op My gerig, dan 60 dele op die naaste en uiteindelik 6 dele op homself. En die mate van die vrou is gelyk aan die goddelike mate in die man; maar ten opsigte van die naasteliefde en die eieliefde van die vrou is daar ‘n onderskeid van 66 en moet die vrou as gevolg daarvan onvoorwaardelik betreffende dit alles aan die man gehoorsaam wees. Aangesien sy uit die man se eieliefde gevorm is, kan sy haarself ook net in die man liefhê, indien haar liefde geregverdig moet wees; en aangesien sy naaste aan die man is, is ook haar naasteliefde naaste aan die man, en daarom die onderskeid.

Hoofstuk 37 Mobiele weergawe Kommentaar