Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 38 Die Huishouding van God, Boek 1

7. Hierdie Nachme het nou die vrou van haar broer geword, waarmee hy sewe seuns verwek het, wat almal baie lomp en misvorm gelyk het, en het baie soos julle sogenaamde swaksinnige idiote gelyk. Die oorsaak daarvan was, dat Nachme haar volgens die wil van haar vader te dikwels vir bloot ontugtige redes ter bevordering van sy heerssugtigheid, moes laat gebruik het; want daardeur het weer al die mansvolk aan hom onderdanig geword. Alle oë was nou op Nachme en alle ore op die hepsugtige bevele van Lamech gerig; want Nachme het tot op die ouderdom van tagtig jaar ‘n voorwerp van menslike bewondering gebly, gedurende watter tyd die volk weer vermeerder het en alle bevele van Lamech gevolg het. Toe Lamech nou gesien het, hoe magtig hy nou weer geword het, het hy ook al hoe strenger en harder geword en het op sy teenstaanders die reeds voorheen genoemde doodstraf, op ‘n wrede manier toegepas.

Hoofstuk 38 Mobiele weergawe Kommentaar