Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 4 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 4: Die ware kerk op aarde

So het die Here tot en in my gespreek vir ieder en elk; en dit is waar, getrou en gewis:

1. My genade is ‘n kosbare skat; wie dit kry, sal nooit, tydelik en vir ewig, van alles geen tekort hê nie. Daarom moet elkeen hom bemoei, om dit onmiddelik sy eie te maak; want Ek gee dit vir elkeen, wat dit graag wil hê.

2. Want sien, as julle vergifnis vir julle sondes wil hê, dan sal vir julle vergewe word, wanneer julle ware boete deur Jesus, wie My lewendige woord en die liefde in My is, sal doen, en die poorte van die hemel sal vir julle oopstaan, en wanneer julle wil inkom, kan julle inkom en daar die aangesig van julle heilige Vader, die ewige God Jehova, die Eks is, aanskou.

3. Dit kan julle deur middel van die lewendige woord doen, wat daar is Jesus Christus of die ewige liefde en wysheid in My, waaruit alles wat goed en waar is, vloei. Die liefde is vir julle van die begin af gegee; want sy is die eintlike lewe in julle, soos die mag in My skeppingswerke, wat inderdaad ook uit My liefde voortgegaan het, maar tog nie die liefde self is nie, omdat geen vryheid daarin is nie, maar net die werking van die liefde, maar wat so te sê sonder lewe is, - daarom ook alles, wat uit die’ mag ontstaan, so te sê dooie materie is, en wat net ‘n skynbare lewe het, - maar in werklikheid is dit die dood.

4. Daarom, wanneer iemand sy liefde vir die materiële wêreld gee, dan word sy liefde in werklikheid deur die dood platgedruk, en die gevolg is dan die lot van die materie of die dood.

5. Maar wie sy liefde op My rig en aan My oorgee, die’ verbind sy liefde weer met die liefde of met die lewe van alle lewe; hy word dan lewendig deur en deur.

6. Maar kyk nou: Die liefde is so te sê blind en donker en daardeur juis vry en onafhanklik, - maar ook juis daardeur in groot gevaar, om haarself te verloor en ten gronde te gaan.

7. Daarom gee Ek by alle liefde vir My, volgens die graad en grootte daarvan, ook onmiddelik die gepasde aandeel van lig by, en dit is ‘n geskenk en heet genade; daarmee vloei Ek, volgens die graad van sy liefde, by elke mens in.

8. Daarom, wanneer iemand die liefde het, omdat hy die wet in hom lewendig gemaak het, wat die hoogste liefde is, oor hom sal strome van lig uitgestort word, en sy oog sal die aarde deurdring en sal die dieptes van die hemel aanskou.

9. Sê dit vir die kinders, en sê dit vir almal, hulle kan behoort aan enige geloof wat hulle wil - of Rooms, of Protestante, of Jode, of Turke, of Brahmaniste, of donker heidene -, kortom vir almal sal dit gesê word: Op aarde is daar net een ware kerk, en dit is die liefde vir My in My Seun, maar wat daar is die heilige Gees in julle en word aan julle geopenbaar deur My lewendige Woord, en hierdie Woord is die Seun, en die Seun is My liefde en is in My en Ek deurdring dit volledig, en Ons is een, en sodoende is Ek in julle, en jul siele, waarvan die hart My woonplek is, en dit is die alleen ware kerk op aarde. In haar is die ewige lewe, en sy is die alleen saligmaker.

10. Want sien, Ek is die Here oor alles, wat daar is! Ek is God, die ewige en magtige, en as sulks is Ek ook jul Vader, die heilige en liefdevollste. En alles dit is Ek in die woord; maar die woord is in die Seun, en die Seun is die liefde, en die liefde is in die wet, en die wet is vir julle gegee. Wanneer julle dit behartig en daarvolgens handel, dan het julle dit in julle opgeneem; dan word dit in julle lewendig en verhef vir julle en maak julle vry, en julle is dan nie meer onder die wet nie maar bo dit in die genade en die lig, wat alles My wysheid is.

11. En dit is die saligheid, of die ryk van God in julle, of die alleen saligmakende kerk op aarde en in geen ander is die ewige lewe as net alleenlik daarin nie.

12. Of meen julle dan, Ek woon in mure, of in seremonies, of in die gebed, of in verering? O nee, daar misgis julle vir julleself geweldig, want daar is Ek nêrens nie, - maar net, waar die liefde is, daar is ook Ek; want Ek is die liefde of die lewe Self. Ek gee vir julle liefde en lewe en verbind My net deur liefde en die lewe, maar nooit met die materie of die dood nie.

13. Want daarom het Ek die dood oorwin en die Godheid aan My onderdanig gemaak, sodat Ek oor alles wat daar is, alle mag het, en My liefde heers vir ewig en maak alles lewendig, wat aan haar onderdanig is.

14. En hoe dink julle dan, dat Ek vir julle in die dood wag, terwyl Ek tog die lewe self is?! Gaan daarom eers in die ware kerk, waar daar lewe is, - en dan eers in die dooie, sodat sy deur julle lewendig word!

Hoofstuk 4 Mobiele weergawe Kommentaar