Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 4 Die Huishouding van God, Boek 1

10. Want sien, Ek is die Here oor alles, wat daar is! Ek is God, die ewige en magtige, en as sulks is Ek ook jul Vader, die heilige en liefdevollste. En alles dit is Ek in die woord; maar die woord is in die Seun, en die Seun is die liefde, en die liefde is in die wet, en die wet is vir julle gegee. Wanneer julle dit behartig en daarvolgens handel, dan het julle dit in julle opgeneem; dan word dit in julle lewendig en verhef vir julle en maak julle vry, en julle is dan nie meer onder die wet nie maar bo dit in die genade en die lig, wat alles My wysheid is.

11. En dit is die saligheid, of die ryk van God in julle, of die alleen saligmakende kerk op aarde en in geen ander is die ewige lewe as net alleenlik daarin nie.

12. Of meen julle dan, Ek woon in mure, of in seremonies, of in die gebed, of in verering? O nee, daar misgis julle vir julleself geweldig, want daar is Ek nêrens nie, - maar net, waar die liefde is, daar is ook Ek; want Ek is die liefde of die lewe Self. Ek gee vir julle liefde en lewe en verbind My net deur liefde en die lewe, maar nooit met die materie of die dood nie.

13. Want daarom het Ek die dood oorwin en die Godheid aan My onderdanig gemaak, sodat Ek oor alles wat daar is, alle mag het, en My liefde heers vir ewig en maak alles lewendig, wat aan haar onderdanig is.

14. En hoe dink julle dan, dat Ek vir julle in die dood wag, terwyl Ek tog die lewe self is?! Gaan daarom eers in die ware kerk, waar daar lewe is, - en dan eers in die dooie, sodat sy deur julle lewendig word!

Hoofstuk 4 Mobiele weergawe Kommentaar