Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 42 Die Huishouding van God, Boek 1

69. O luister en sien, wat ek daar alles op die donker plek van die tiende pilaar, moes hoor en aanskou! Luister, al die voorafgaande pilare, het tog meer of minder ‘n eie lig gehad, - ja die negende pilaar was selfs omring deur ‘n dof bont glinstering; maar hierdie, volgens die orde tiende pilaar, het ook nie ‘n enkele dof glinsterende punt gehad nie, ja dit was so donker, dat ek dit net kon voel, maar selfs met die skerpste sig van die geestelike oog kon ek dit nie sien nie, en ook nie weet of daar water, of sand, of bloot net ‘n donker, leë en nietige ruimte die pilaar omglof, omstof, omkring het nie - dit was alles vir die ondersoekende oog van die dromende Kenan met betrekking tot sulke ongelooflik donker, swart nag rondom die tiende pilaar, gruwelik verborge.

Hoofstuk 42 Mobiele weergawe Kommentaar