Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 5: Die geheim van die Skepping

1. Wie ore het wat kan hoor, die luister, en wie oë het wat kan sien, die kyk; want sien, Ek wil vir julle ‘n groot geheim onthul, sodat julle kan sien, hoe julle liefdevolste, heilige Vader ook van aangesig tot aangesig aanskou en broederlik geniet kan word. Want die kinders moet tot in ewigheid in die groot huishouding van hulle Vader ingewy wees!

2. Die Godheid was van ewigheid af, die alle oneindigheid der oneindigheid deurdringende krag en was en is en sal wees die ewige oneindigheid Self. In die middel van die dieptes daarvan, was Ek van ewigheid die Liefde en die lewe self daarin; maar sien, Ek was blind soos ‘n embrio in die liggaam van die moeder! Die Godheid het Homself behaag in die Liefde en het heeltemal op sy Liefde inbeweeg. En die Liefde het in sy sentrum al hoe warmer en warmer geword, en massas en massas van die Godheid het daarheen beweeg, en alle magte en kragte het daarop afgestorm.

3. En sien, daar het ‘n groot geruis, gebruis en gewoed ontstaan, en sien, die Liefde het van alle kante angstig en gedruk gevoel, sodat die Liefde tot in sy binnenste begin bewe het! En die Liefde het dit gewaar, en die geruis het ‘n toon word, maar die toon het in die Liefde ‘n woord geword, en die woord het gesê: “Daar sal lig wees!” En daar in die hart, het die vlam van die ontsteekte Liefde ontbrand, en daar was lig in alle ruimtes van die oneindigheid!

4. En God het in Hom die groot heerlikheid van sy Liefde gesien, en die Liefde was versterk met die krag van die Godheid, en sodoende het die Godheid Hom met die Liefde vir ewig verbind, en die lig het uit die warmte voortgegaan.

5. En sien, toe sien die Liefde alle heerlikheid, waarvan die getal in die Godheid geen einde het nie, en die Godheid het gesien, hoe dit alles uit die Liefde in Haar oorgedra is, en die Liefde het haar gedagtes in die Godheid gesien en het ‘n groot welbehae daaraan gehad. Toe ontbrand die Liefde van nuuts af, en die kragte van die Godheid het om Haar geruis, en sien: Die gedagtes van die Liefde was self Liefde en was sonder tal.

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar