Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Die Huishouding van God, Boek 1

26. En nou sien: Hierdie laaste druppel was as die aarde, wat jy en jou broeders bewoon, geskep! En die ander druppels was as sonne, aardes en mane van verskillende soorte geskep, waarvan die getal geen einde het nie; en sien, so het die sigbare hemel met die sterre, die sonne, die mane en die sigbare aarde met die mere en vastelande ontstaan!

27. En nou sien en lig jou oë na bo, en jy sal die wonders van die ewige Liefde begryp! Jy sien ten alle tye die glans van die son, die lig van die maan en die glinstering en flikkering van die sterre in hul veelvoudige posisies, wat julle sterrebeelde noem; jy sien ook die mees verskillende vorms in al drie ryke van die natuurlike aarde; alleen tot nou toe, het nog niemand behoorlik begryp, wat en waarvandaan die glans van die son kom nie, en hoe dit aan haar toegedeel word, en wat die lig van die maan, en die glinstering van die sterre en hulle geflikker en hulle veelvoudige konfigurasies, en al die voorkomste op aarde, behels nie.

28. Want sien, My kinders moet in alles ingewy word, van al die mooi dinge wat hulle heilige, liefdevolste Vader het om aan Sy kinders, wat Hom erken en bo alles alleen lief het, en ook ondermekaar uit liefde vir hulle Vader lief het, weg te gee.

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar