Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Die Huishouding van God, Boek 1

30. En sien, toe het ook die aardes en mane ‘n glans gekry en is aan die sonne in regverdige hoeveelhede toegedeel, en die Liefde het, deur die krag en mag van die Godheid, Sy asem oor hulle geblaas en sien, die lig op die sonne het begin bewe, die mere van die aardes het in vloede gegolf en gekolk en die lug en winde het oor die aardes geswem en gewaai nes die Gees van God oor die waters van die barmhartigheid! En die mane het magtig bo die aardes uitgestyg, wat vir hulle gegee was soos die vrug vir ‘n boom, en het begin, om in wye bane om die aardes as voortdurende begeleiers van hulle ontstaan, te wentel; en waar daar baie was, is hulle in vaste kringe as teken van die Liefde vir die kinders, wat aanhoudend die aangesig van hulle Vader moet aanskou, net soos die mane vir die aardes, verenig, sodat hulle as gevolg van hulle los samestelling nie uit hulle bane geruk en vernietig moet word nie.

31. Want sien, die mane is nie vas nie, maar baie los en is soos skuim van die see, wanneer dit meer vas en gekonsolideer raak, en is kaal en sonder water; en die lug van die aarde is daar soos die water van die aarde (beteken waarskynlik: ... en die water van die maan is soos die lug van die aarde...(opmerking deur die vertaler)) en die lug soos die eter tussen sonne en aardes. En hulle (die mane) is bestem, om die wêreldsugtiges op te neem, en om te dra die geeste van die materie, en om hulle bestendigheid te toets en om hulle vir die ontvangs van genade ryp te maak.

32. En die vasteland van die aardes is die’ gedeelte van die toorn van die Godheid wat deur die barmhartigheid gekalmeer is, en omsluit met vaste bande die afgedwaalde geeste tot die bepaalde tyd van hul onbewustelike ontbinding, waar hulle dan in ‘n sagter, maar nog steeds vir hulle voldoende vaste materie, en juis enkel gebind, geplaas word, waaruit hulle eers dan, deur die ewige Liefde weer opgewek, sal kan voortgaan; en die mere en waters is vol van hulle, sodat hulle nederig sou word, en die lug is vol van hulle, sodat hulle gesuiwer sal kan word. En die ewige Liefde is in al die vorms; maar die toorn van die Godheid is op aarde net gedemp, maar daarom nog nie opgehef nie.

33. Maar dit onthou baie spesifiek: In die middel van die son rus die genadevonk en gee deur die toornvuur van die Godheid die lig vir die wêrelde. Maar in die middel van die aarde, is daar ‘n toornvonk van die grimmigheid van God soos ‘n vuurdraak en hou die bose bendes soos klippe gevange, wat eers deur die waters van die barmhartigheid sag moet word, indien een weer vir ‘n tweede toets van vryheid en ‘n ewige lewe ontbind moet word. En nou begryp die geheim van jou wese en verstom jou oor die groot Liefde van die ewige mag, hoe dikwels Sy al vir jou van nuuts af laat gebore het, om jou, wat verlore was, vir die ewige lewe, vir die vryheid, vir die wet, vir die liefde en die lig en vir die aanskouing van Haar aangesig weer terug te wen; en sien, dit alles wil Ek vir jou en daardeur ook vir baie ander bekend maak en gee om te erken, sodat julle tog uiteindelik sal wil insien, hoe buitengewoon goed die Liefde moet wees, aangesien Sy onverpoos so baie dinge, so groot dinge, en so wonderbaarlike dinge vir julle ongehoorsames doen en duld!

34. Sien, so is die beweging van die aardes rondom hulle sonne en om hulle eie middel deur die trek van die asem van barmhartigheid van die Liefde, as teken gegee, sodat die kinders al hulle bedrywighede volgens die beweging van die aardes om die sonne en die mane om die aardes moet orden, en die swakkes moet soos die mane wees, en die sterkes moet soos die aarde wees, en die wedergeborenes moet soos die son wees. En die swakkes moet die krag van die Liefde, wat vir hulle nooit sal laat val nie, aanskou, deur hulle blik, soos die mane, onophoudelik op die aangesig van die Liefde te rig en dit sodoende na alle kante in kleiner sirkels te omwentel, maar tog deur die krag daarvan, ook in die groot sirkels saamgetrek word; en die sterkes moet soos die aarde wees, deur selfstandig te draai en altyd gereed te wees, om die lig en warmte uit die genade van die Liefde te kan ontvang, en deur die’ krag, dit wat in haar is, te belig en verwarmend lewendig te maak, sodat sy vrugte van alle soorte uit die werke van die Liefde kan voortbring, waarmee die swakkes versadig mag word en die ingeborenes verkwik mag word, en die nuutgeborenes verlustig mag word; en die nuutgeborenes uit die waters van die barmhartige Liefde, in wie die genade vervolmaak is, moet soos die son wees, en hulle lig moet orals skyn, en hulle warmte moet die swakkes lewendig maak en moet die sterkes as voeding vir die swakkes bevrug, sodat daar ‘n gemeenskap sal heers onder die kinders van een en dieselfde Vader.

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar