Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Die Huishouding van God, Boek 1

34. Sien, so is die beweging van die aardes rondom hulle sonne en om hulle eie middel deur die trek van die asem van barmhartigheid van die Liefde, as teken gegee, sodat die kinders al hulle bedrywighede volgens die beweging van die aardes om die sonne en die mane om die aardes moet orden, en die swakkes moet soos die mane wees, en die sterkes moet soos die aarde wees, en die wedergeborenes moet soos die son wees. En die swakkes moet die krag van die Liefde, wat vir hulle nooit sal laat val nie, aanskou, deur hulle blik, soos die mane, onophoudelik op die aangesig van die Liefde te rig en dit sodoende na alle kante in kleiner sirkels te omwentel, maar tog deur die krag daarvan, ook in die groot sirkels saamgetrek word; en die sterkes moet soos die aarde wees, deur selfstandig te draai en altyd gereed te wees, om die lig en warmte uit die genade van die Liefde te kan ontvang, en deur die’ krag, dit wat in haar is, te belig en verwarmend lewendig te maak, sodat sy vrugte van alle soorte uit die werke van die Liefde kan voortbring, waarmee die swakkes versadig mag word en die ingeborenes verkwik mag word, en die nuutgeborenes verlustig mag word; en die nuutgeborenes uit die waters van die barmhartige Liefde, in wie die genade vervolmaak is, moet soos die son wees, en hulle lig moet orals skyn, en hulle warmte moet die swakkes lewendig maak en moet die sterkes as voeding vir die swakkes bevrug, sodat daar ‘n gemeenskap sal heers onder die kinders van een en dieselfde Vader.

35. En sien, nog dieper moet jy kyk, hoe en waarom Ek alles so uitgewerk het! Sien, die maan het vlekke en baie plekke waar dit donker is, en die aarde het koue maar vaste pole, en het hoë berge en het laagliggende valleie, en het fonteine, spruite, riviere, strome, mere en klein en groot seë; en die son het vlekke, groottes en kleintjies. Nou sien, dit alles is werke van die Liefde en genade, of die ooreenstemmende warmte en die lig, wat alles die ewige Liefde en die mag van die Godheid deur Haar is. Daaruit kan jy sien hoe die swakkes en die maan gelyk aanmekaar is, en sy wese sal vir jou oopgesluit word; kyk na die sterkes in alles wat hulle doen, en voor jou oë word die aarde onthul; en van een pool tot die ander pool moet die starre rus van die gees in die Liefde vir die Liefde daar wees, sodat alles, wat om die gees is, in ‘n vaste orde kan beweeg en daardeur vir die gemeenskaplike doel van ewige bestaan, werksaam kan wees. Want sien, alles hang van die rus af; daarsonder kan niks bereik word nie, en wie nie soos die pole van die aarde is, deurdring nie sy binnenste, soos ‘n lyn tussen die pole deur die sentrum van die aarde, nie. En julle Liefde moet so koud soos die ys van die pole wees, sodat julle geskik is, om al die warmte van die goddelike Liefde in julle te kan opneem. Want sien, dit wat warm is, is nie geskik om warmte op te neem nie; maar wat in sy rus koud is, dit is geskik, om die warmte ten volle op te neem en in alle dele van die lewe te laat stroom. Want sien, wie die warmte, wat die Liefde van God is, opneem, en dit by homself vashou en dit nie verder laat stroom nie, is suinig en sal homself oplos en vernietig, soos ys by die vuur; maar wie dit soos die pole ontvang en gee dit onmiddelik weer aan almal, wat om hom is hetsy naby of ver, by hom is die goddelike Liefde op die regte plek en voldoen geheel aan die wil van die groot en heilige Gewer.

36. Daardie Liefde sal baie vrugte bring en sal opswaai na die lig van genade en sal, nes die pole, met volle aangesig die onmeetbare dieptes van die Godheid, wat in die oneindige ruimte van die skepping deur die Liefde na God opkyk, aanskou, en met wye oë die sagte strale van alle onmeetbare ruimtes opsuig, waarin daar ontelbare wesens van die barmhartigheid kring, elkeen volgens sy eie geaardheid, en daardeur oor verwondering en vreugde in hulle liefde tot die Liefde en vir die Liefde ontsteek en nes ‘n son self liggewend word soos die lig van die pole van die aarde.

37. Daarom, wie bestendig in die middel van die Liefde van erkenning bly, wat die genade is, sy lendes sal gloei van liefde uit God soos die gordel van die aarde, en sy oë sal, nes die pole, van erkentenisse straal, en sy arms sal soos riviere, spruite en fonteine beweeg, en sy dade sal na die mere van die goddelike barmhartigheid stroom, wat met die genade en met die erkentenisse van die ewige Liefde en die ewige lewe gesout is.

38. Nou, daar het julle die sleutel, om die aarde wat julle dra, oop te maak en te aanskou.

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar