Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Die Huishouding van God, Boek 1

4. En God het in Hom die groot heerlikheid van sy Liefde gesien, en die Liefde was versterk met die krag van die Godheid, en sodoende het die Godheid Hom met die Liefde vir ewig verbind, en die lig het uit die warmte voortgegaan.

5. En sien, toe sien die Liefde alle heerlikheid, waarvan die getal in die Godheid geen einde het nie, en die Godheid het gesien, hoe dit alles uit die Liefde in Haar oorgedra is, en die Liefde het haar gedagtes in die Godheid gesien en het ‘n groot welbehae daaraan gehad. Toe ontbrand die Liefde van nuuts af, en die kragte van die Godheid het om Haar geruis, en sien: Die gedagtes van die Liefde was self Liefde en was sonder tal.

6. Toe sien die Godheid Sy heerlikheid, en die Liefde het Sy mag gevoel. En toe spreek die Liefde in die Godheid: “Laat ons die gedagtes van die heerlikheid vashou en na buite plaas, sodat hulle vry word en vir Ons kan voel en sien, soos wat Ons hulle voel en sien en Ons vir hulle gevoel en gesien het, nog voor die lig hulle vorms verlig het!”

7. Toe gaan die woord oor in die Godheid, en dit was orals Liefde. En sien, toe spreek die Godheid vir die eerste keer: “Dit sal!” En daar het ‘n groot aantal geeste uit God vry geword, waarvan die getal geen einde het nie, en die Liefde het Haarself oneindigkeer sien vermenigvuldig en het Haar oneindige skoonheid volmaak gesien.

8. Maar al die wesens was nog nie lewendig nie en het nog nie gevoel en nog nie gesien nie, want hulle was nog vorms buite die Liefde, wat in die Godheid vasgevang was.

9. En die Liefde was jammer, en Sy het Haarself geroer, en die geroer het in die Godheid opgestyg, en die Godheid het Sy gevangenes vir die Liefde gegee, en die Liefde het alles deurdring. En sien, toe word die vorms lewendig en was verbaas teenoor mekaar en het by die strome vlamme van die goddelike Liefde warmte gesoek en het daardeur selfstandige beweeglikheid en bedrywigheid gekry! Maar hulle het hulleself nog nie erken nie.

10. Toe spreek die Liefde weereens: “Laat Ons maak, dat hulle hulself erken, sodat hulle dan vir My en deur My ook vir Jou mag erken!”

11. Toe het die woord weer in die Godheid opgestyg, en in die Godheid was die woord gehoor, en die woord het wet geword, en die wet was die Liefde en het in almal oorgestroom.

12. En sien, toe het daar drie gevorm, en vanuit hulle het sewe voortgegaan! En die drie was gelyk aan die Liefde, die Lig en die Godheid; en die sewe was gelyk aan die sewe geeste van God, en hulle heet en sal vir ewig heet: 1. Wees lief vir die Liefde. 2. Vrees die Godheid wat doodmaak, - sodat julle nie doodgemaak word nie. 3. Die Liefde in julle is heilig; daarom moet julle vir julle ondermekaar respekteer, net soos die Liefde vir julle in die Godheid respekteer en vreugde aan julle het. 4. Elkeen is sy eiendom en die eiendom van die Liefde van God; daarom moet nie die een die ander een beroof nie. 5. Niemand mag ooit sy aangesig voor die ander bedek nie, sodat die ander een nie kan weet, wie die Liefde is nie, - daarom is julle soos die Liefde, wat julle gemaak het. 6. Julle innerlike moet ook julle uiterlike wees, sodat geen valse roeringe in julle ontstaan en julle tot niet sal gaan nie. 7. Julle uiterlike is die getroue refleksie van julle innerlike spieël, waarin die Liefde van die Godheid Homself aanskou; anders sal die innerlike spieël breek en julle voorkoms sal skrikwekkend word.

13. Met ‘n donderslag het die Godheid aan die oortreders in die oneindige ruimtes ‘n vreeslike strafoordeel verkondig, en sodoende was die aanbidding van die Godheid in die allerhoogste vrees beveel, en dit was aan hulle deur die liefde van die Liefde opgedra. En hulle was in die hoogste vryheid uitgeplaas en kon doen, wat hulle wil, en niks sal vir hulle in hulle vryheid hinder nie, tot die tyd, wanneer hulle mekaar in hulle vryheid en in hulle nederigheid erken het, sodat die wet hul eie word en hulle dan volkome vry sou word.

14. Op hulle eie het hulle hulself, in hul groot mag en alles oorstralende heerlikheid en majesteit, erken en die boonste een van die drie, gelykstaande aan die lig van die Godheid, het in sy begeerte ontbrand, om die Godheid ten volle oor te neem. Deur hom het ‘n groot gedeelte van die geeste ontbrand, wat ook deur hom geword het; en deur hulle het ook die Godheid in sy toorn ontsteek, nes die twee laer geeste van die drie, en slinger toe die bose bende in die dieptes van die dieptes van Sy toorn.

15. En die twee en die’ wat uit hulle ontstaan het, sowel as die sewe, wie se getal geregverdig was, was getrou aan hulle nederigheid gevind en was opgeneem in die kringe van die mag van God; en die Liefde het gesien, dat hulle as rein bevind was, en was bly oor hulle volmaaktheid. En sien, die krag van die Godheid in die Liefde het opgestyg, en die Godheid het beweeg, en die skepsels het die beweging van die Godheid waargeneem, en die Godheid het na Sy Liefde beweeg, en vir die skepsels is die oë oopgemaak, en hulle het vir die eerste keer die ewige Liefde gesien.

16. Toe is die tallose skares verbaas, en ‘n groot gejubel en ‘n groot vreugde het onder hulle ontstaan, want hulle het die mag van God in die Liefde gesien en het die Liefde in hulleself gesien en ook die krag, wat hulle laat ontstaan het, en het mekaar erken en het die Liefde erken en het vir God erken.

17. Nou het die Godheid geroer, en die skepsels was bang vir die Godheid, en die Liefde het hulle vrees gesien en bevind dat hulle vrees geregverdig was, en die vrees het hulle gehoorsaamheid geword, en die gehoorsaamheid was hulle nederigheid, en die nederigheid was hulle liefde, en die liefde was hulle wet, en die wet hulle ewige vryheid, en die vryheid was hulle lewe, en die lewe hulle saligheid vir ewig.

18. Nou sien, die ewige Liefde het met hulle gepraat, en hulle het die woord verstaan! Toe het hulle tonge los geraak, en die eerste woord, wat oor hulle lippe gekom het, was ‘Liefde’. En die Godheid het gehou van die toon van hulle spraak; en die Godheid was geroer deur die Liefde, en die beweging het in die skepsels vorm aangeneem, en die vorm het ‘n toon geword en die toon was die tweede woord en heet - ‘God’.

19. En nou eers was die skepsels vervolmaak. En die Liefde het vir die skepsels gesê: “Die eerste onder julle het verlore gegaan; daarom neem Ek sy plek in en sal vir ewig onder julle wees!”

20. Toe het hulle tonge weereens los geword; en hulle knieë het gebuig, en hulle het die Liefde aanbid.

21. Nou sien verder, wat die Liefde alles gedoen het, en God in Sy Liefde, en die Liefde in God! - En die Liefde was jammer vir die verlorenes; maar die Godheid het begin bewe in Sy toorn, en daar was in al die ruimtes van die oneindigheid van God, ‘n groot donderslag gehoor. En die donderslag het tot die binnenste van die ewige Liefde deurgedring, en die Liefde alleen het die donderslag van die Godheid verstaan, en die donderslag het ‘n woord geword en gesê: “Alle mag sal aan Jou onderdanig wees; doen volgens Jou eie welgevalle en sê net, ‘Dit sal!’, en dit sal gebeur!”

22. En sien die Liefde was ontroer tot in sy binnenste, en die eerste traan het uit die oog van die ewige Liefde gevloei, en hierdie traan het uit die hart van die Godheid gevloei en het geheet en heet en sal vir ewig heet, barmhartigheid.

23. Hierdie traan het ‘n groot meer geword, en die waters het uitgebrei tot in alle ruimtes van die oneindigheid, en het ook die dieptes van die diep toorn van die Godheid bereik en het die vuur van die toorn van God versag.

24. En sien, die Gees van God in Sy krag, het saggies oor die waters van barmhartigheid gewaai, en die waters was verdeel. En God het uit Sy Liefde gepraat, en Sy Liefde was die woord, en die woord het na die dieptes van die dieptes gedaal en het oor die waters gesweef, en die waters was geskei soos doudruppels en was verdeel in groot en klein, volgens die getal van die verlorenes, wat in alle ruimtes van die oneindigheid, nie ‘n einde het nie.

25. En sien, die laaste druppel, wat oorgebly het, was die binnenste van die waters en was die binnenste van die barmhartigheid; en dit was nie verdeel nie, maar het gebly, waar dit oorgebly het, en was bestem as die middelpunt van die toneel, vir die grootste daad van die ewige Liefde.

26. En nou sien: Hierdie laaste druppel was as die aarde, wat jy en jou broeders bewoon, geskep! En die ander druppels was as sonne, aardes en mane van verskillende soorte geskep, waarvan die getal geen einde het nie; en sien, so het die sigbare hemel met die sterre, die sonne, die mane en die sigbare aarde met die mere en vastelande ontstaan!

27. En nou sien en lig jou oë na bo, en jy sal die wonders van die ewige Liefde begryp! Jy sien ten alle tye die glans van die son, die lig van die maan en die glinstering en flikkering van die sterre in hul veelvoudige posisies, wat julle sterrebeelde noem; jy sien ook die mees verskillende vorms in al drie ryke van die natuurlike aarde; alleen tot nou toe, het nog niemand behoorlik begryp, wat en waarvandaan die glans van die son kom nie, en hoe dit aan haar toegedeel word, en wat die lig van die maan, en die glinstering van die sterre en hulle geflikker en hulle veelvoudige konfigurasies, en al die voorkomste op aarde, behels nie.

28. Want sien, My kinders moet in alles ingewy word, van al die mooi dinge wat hulle heilige, liefdevolste Vader het om aan Sy kinders, wat Hom erken en bo alles alleen lief het, en ook ondermekaar uit liefde vir hulle Vader lief het, weg te gee.

29. Nou sien: Terwyl al die sonne met die aardes deur die mag van die barmhartige Liefde van die ewige en oneindige God geword het, het hulle nog nie ‘n glans gehad nie, geen lig, geen glinstering en geen geflikker nie, want dit was nog groot nag op die sonne en aardes en mane wat in wording was; maar in die sentrum van die sonne het die ewige Liefde ‘n klein vonkie van Sy genade geplaas en hierdie vonk het vinniger as ‘n weerligstraal die donker massas verhelder, en sien, hulle het vir die aardes met ‘n groot glans lig gegee, soos hulle vandag nog lig en voortaan sal lig vir solank die genadevonk nie van hulle geneem sal word nie.

30. En sien, toe het ook die aardes en mane ‘n glans gekry en is aan die sonne in regverdige hoeveelhede toegedeel, en die Liefde het, deur die krag en mag van die Godheid, Sy asem oor hulle geblaas en sien, die lig op die sonne het begin bewe, die mere van die aardes het in vloede gegolf en gekolk en die lug en winde het oor die aardes geswem en gewaai nes die Gees van God oor die waters van die barmhartigheid! En die mane het magtig bo die aardes uitgestyg, wat vir hulle gegee was soos die vrug vir ‘n boom, en het begin, om in wye bane om die aardes as voortdurende begeleiers van hulle ontstaan, te wentel; en waar daar baie was, is hulle in vaste kringe as teken van die Liefde vir die kinders, wat aanhoudend die aangesig van hulle Vader moet aanskou, net soos die mane vir die aardes, verenig, sodat hulle as gevolg van hulle los samestelling nie uit hulle bane geruk en vernietig moet word nie.

31. Want sien, die mane is nie vas nie, maar baie los en is soos skuim van die see, wanneer dit meer vas en gekonsolideer raak, en is kaal en sonder water; en die lug van die aarde is daar soos die water van die aarde (beteken waarskynlik: ... en die water van die maan is soos die lug van die aarde...(opmerking deur die vertaler)) en die lug soos die eter tussen sonne en aardes. En hulle (die mane) is bestem, om die wêreldsugtiges op te neem, en om te dra die geeste van die materie, en om hulle bestendigheid te toets en om hulle vir die ontvangs van genade ryp te maak.

32. En die vasteland van die aardes is die’ gedeelte van die toorn van die Godheid wat deur die barmhartigheid gekalmeer is, en omsluit met vaste bande die afgedwaalde geeste tot die bepaalde tyd van hul onbewustelike ontbinding, waar hulle dan in ‘n sagter, maar nog steeds vir hulle voldoende vaste materie, en juis enkel gebind, geplaas word, waaruit hulle eers dan, deur die ewige Liefde weer opgewek, sal kan voortgaan; en die mere en waters is vol van hulle, sodat hulle nederig sou word, en die lug is vol van hulle, sodat hulle gesuiwer sal kan word. En die ewige Liefde is in al die vorms; maar die toorn van die Godheid is op aarde net gedemp, maar daarom nog nie opgehef nie.

33. Maar dit onthou baie spesifiek: In die middel van die son rus die genadevonk en gee deur die toornvuur van die Godheid die lig vir die wêrelde. Maar in die middel van die aarde, is daar ‘n toornvonk van die grimmigheid van God soos ‘n vuurdraak en hou die bose bendes soos klippe gevange, wat eers deur die waters van die barmhartigheid sag moet word, indien een weer vir ‘n tweede toets van vryheid en ‘n ewige lewe ontbind moet word. En nou begryp die geheim van jou wese en verstom jou oor die groot Liefde van die ewige mag, hoe dikwels Sy al vir jou van nuuts af laat gebore het, om jou, wat verlore was, vir die ewige lewe, vir die vryheid, vir die wet, vir die liefde en die lig en vir die aanskouing van Haar aangesig weer terug te wen; en sien, dit alles wil Ek vir jou en daardeur ook vir baie ander bekend maak en gee om te erken, sodat julle tog uiteindelik sal wil insien, hoe buitengewoon goed die Liefde moet wees, aangesien Sy onverpoos so baie dinge, so groot dinge, en so wonderbaarlike dinge vir julle ongehoorsames doen en duld!

34. Sien, so is die beweging van die aardes rondom hulle sonne en om hulle eie middel deur die trek van die asem van barmhartigheid van die Liefde, as teken gegee, sodat die kinders al hulle bedrywighede volgens die beweging van die aardes om die sonne en die mane om die aardes moet orden, en die swakkes moet soos die mane wees, en die sterkes moet soos die aarde wees, en die wedergeborenes moet soos die son wees. En die swakkes moet die krag van die Liefde, wat vir hulle nooit sal laat val nie, aanskou, deur hulle blik, soos die mane, onophoudelik op die aangesig van die Liefde te rig en dit sodoende na alle kante in kleiner sirkels te omwentel, maar tog deur die krag daarvan, ook in die groot sirkels saamgetrek word; en die sterkes moet soos die aarde wees, deur selfstandig te draai en altyd gereed te wees, om die lig en warmte uit die genade van die Liefde te kan ontvang, en deur die’ krag, dit wat in haar is, te belig en verwarmend lewendig te maak, sodat sy vrugte van alle soorte uit die werke van die Liefde kan voortbring, waarmee die swakkes versadig mag word en die ingeborenes verkwik mag word, en die nuutgeborenes verlustig mag word; en die nuutgeborenes uit die waters van die barmhartige Liefde, in wie die genade vervolmaak is, moet soos die son wees, en hulle lig moet orals skyn, en hulle warmte moet die swakkes lewendig maak en moet die sterkes as voeding vir die swakkes bevrug, sodat daar ‘n gemeenskap sal heers onder die kinders van een en dieselfde Vader.

35. En sien, nog dieper moet jy kyk, hoe en waarom Ek alles so uitgewerk het! Sien, die maan het vlekke en baie plekke waar dit donker is, en die aarde het koue maar vaste pole, en het hoë berge en het laagliggende valleie, en het fonteine, spruite, riviere, strome, mere en klein en groot seë; en die son het vlekke, groottes en kleintjies. Nou sien, dit alles is werke van die Liefde en genade, of die ooreenstemmende warmte en die lig, wat alles die ewige Liefde en die mag van die Godheid deur Haar is. Daaruit kan jy sien hoe die swakkes en die maan gelyk aanmekaar is, en sy wese sal vir jou oopgesluit word; kyk na die sterkes in alles wat hulle doen, en voor jou oë word die aarde onthul; en van een pool tot die ander pool moet die starre rus van die gees in die Liefde vir die Liefde daar wees, sodat alles, wat om die gees is, in ‘n vaste orde kan beweeg en daardeur vir die gemeenskaplike doel van ewige bestaan, werksaam kan wees. Want sien, alles hang van die rus af; daarsonder kan niks bereik word nie, en wie nie soos die pole van die aarde is, deurdring nie sy binnenste, soos ‘n lyn tussen die pole deur die sentrum van die aarde, nie. En julle Liefde moet so koud soos die ys van die pole wees, sodat julle geskik is, om al die warmte van die goddelike Liefde in julle te kan opneem. Want sien, dit wat warm is, is nie geskik om warmte op te neem nie; maar wat in sy rus koud is, dit is geskik, om die warmte ten volle op te neem en in alle dele van die lewe te laat stroom. Want sien, wie die warmte, wat die Liefde van God is, opneem, en dit by homself vashou en dit nie verder laat stroom nie, is suinig en sal homself oplos en vernietig, soos ys by die vuur; maar wie dit soos die pole ontvang en gee dit onmiddelik weer aan almal, wat om hom is hetsy naby of ver, by hom is die goddelike Liefde op die regte plek en voldoen geheel aan die wil van die groot en heilige Gewer.

36. Daardie Liefde sal baie vrugte bring en sal opswaai na die lig van genade en sal, nes die pole, met volle aangesig die onmeetbare dieptes van die Godheid, wat in die oneindige ruimte van die skepping deur die Liefde na God opkyk, aanskou, en met wye oë die sagte strale van alle onmeetbare ruimtes opsuig, waarin daar ontelbare wesens van die barmhartigheid kring, elkeen volgens sy eie geaardheid, en daardeur oor verwondering en vreugde in hulle liefde tot die Liefde en vir die Liefde ontsteek en nes ‘n son self liggewend word soos die lig van die pole van die aarde.

37. Daarom, wie bestendig in die middel van die Liefde van erkenning bly, wat die genade is, sy lendes sal gloei van liefde uit God soos die gordel van die aarde, en sy oë sal, nes die pole, van erkentenisse straal, en sy arms sal soos riviere, spruite en fonteine beweeg, en sy dade sal na die mere van die goddelike barmhartigheid stroom, wat met die genade en met die erkentenisse van die ewige Liefde en die ewige lewe gesout is.

38. Nou, daar het julle die sleutel, om die aarde wat julle dra, oop te maak en te aanskou.

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar