Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Die Huishouding van God, Boek 1

5. En sien, toe sien die Liefde alle heerlikheid, waarvan die getal in die Godheid geen einde het nie, en die Godheid het gesien, hoe dit alles uit die Liefde in Haar oorgedra is, en die Liefde het haar gedagtes in die Godheid gesien en het ‘n groot welbehae daaraan gehad. Toe ontbrand die Liefde van nuuts af, en die kragte van die Godheid het om Haar geruis, en sien: Die gedagtes van die Liefde was self Liefde en was sonder tal.

6. Toe sien die Godheid Sy heerlikheid, en die Liefde het Sy mag gevoel. En toe spreek die Liefde in die Godheid: “Laat ons die gedagtes van die heerlikheid vashou en na buite plaas, sodat hulle vry word en vir Ons kan voel en sien, soos wat Ons hulle voel en sien en Ons vir hulle gevoel en gesien het, nog voor die lig hulle vorms verlig het!”

7. Toe gaan die woord oor in die Godheid, en dit was orals Liefde. En sien, toe spreek die Godheid vir die eerste keer: “Dit sal!” En daar het ‘n groot aantal geeste uit God vry geword, waarvan die getal geen einde het nie, en die Liefde het Haarself oneindigkeer sien vermenigvuldig en het Haar oneindige skoonheid volmaak gesien.

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar