Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 50 Die Huishouding van God, Boek 1

13. O my goeie, heilige Vader, maak wyer my te nou bors, sodat ek vir Jou in volle trekke kan liefhê; want te mooi en te groot is alles, wat my oog nou aanskou! Hoe heerlik reik die punte van die hoë sederbome in die vry, ligglinsterende, sag bewegende lug op en beweeg hulle takke, as of hulle vir die sterre wink! Maar dan kom ‘n asem van Jou: hulle voel Jou heilige nabyheid en laat sak hulle hoë hoofde tot op die aarde. Maar dan staan hulle weer van nuuts af op, getrek van die groot, oorheilige mag van Jou liefde, en juig suisend in vrye hoogtes vir Jou onverstaanbare, diepsinnige lof toe. O, hoe groot en verhewe moet die lof wees, wat ek nie eers kan vermoed nie, watter heilige offer vir Jou, die verhewe Skepper, deur Jou geskape natuur gebring word! Onophoudelik loof die aarde, die gras, die plante, die struike, die bome en al die mooi sterre vir Jou; net die mens kan slaap in die middel van sodanig heilige offer!

Hoofstuk 50 Mobiele weergawe Kommentaar