Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 6 Die Huishouding van God, Boek 1

9. Julle moet soos die winter wees, wat koud is in die rus, maar daarom ook die meeste geskik is vir die opname van warmte tot in die diepste dieptes van die aarde. En by wie die winter aangebreek het, by hom sal ook die lente aanbreek, soos dit is met die eerste lewe van die Liefde in julle, en sal die somer in sy volste daadkragtigheid uit die lewe van die Liefde aanbreek, wat in julle sterk geword het deur die genade, en sal die rustige herfs met die vrugte van werke uit die Liefde en genade aanbreek, waarin julle dan as heel nuutgeborenes in die lewe van die son sal ingaan, om die aangesig van julle heilige Vader te aanskou en om soos die son vir alle wêreld deur die groot krag van die genade, die liefde en die barmhartigheid van die oorgoeie, heilige Vader, te skyn.

10. Maar wie nie soos die maan word nie en nie soos die aarde word nie, kan ook nie soos die son word nie, - want hy is nes ‘n komeet, wat geen vastigheid het nie, ook nie in die minste nie, en al sy wese is uit die genadeuitvloeisels van die sonne gesteel, en sy baan is deurmekaar soos die weë van diewe en rowers, en hy word deur die vrees vir lig van een wêrelddiepte tot die volgende gedryf en sal tot in ewigheid nooit meer rus vind nie; en die lig sal vir hom op al sy paaie vervolg en sy nietigheid verlig.

11. En uiteindelik sal dit met hom gaan soos met ‘n verskietende ster, wat uit die genade gegooi en as gevolg van sy nietigheid verstoot sal word en sal deur die roof van genade verteer word; want die lig wat gesteel is, sal hulle vir ewig vernietig, en hulle sal verder nie meer wees, nes die vrugte van bome, wat te vroeg by die lig gespruit het, voordat hulle nog deur die liefde vastigheid kon kry; en omdat hulle geen vastigheid het nie, aangesien daar te min verbinding met die liefde bestaan, word hulle swakker en swakker, val dan van die boom af en word vertrap en tot niet gemaak.

12. Nou sien, hier het jy die sonne, aardes, mane, komete en die verskietende sterre volgens hul wese en volgens hul betekenis en so ook alles en elke enkele deel van die grootste tot die kleinste, voor jou onthul!

Hoofstuk 6 Mobiele weergawe Kommentaar