Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 7 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 7: Die skepping op die aarde, die maan en Adam en Eva

1. Nou sien, Ek wil vir julle die organiese skepping van die eerste tot die laaste en van die kleinste tot die grootste wys, soos wat Ek dit uit My liefde en uit My wysheid en uit die ewige orde van beide, wat daar is die woord van die ewige mag en krag in die diepte van die Godheid, gemaak het. En sien, in alle ruimtes van die oneindigheid is daar niks, hetsy wat groot is of wat klein is, wat nie deur dieselfde gemaak is nie!

2. En sien en luister: So was daar nou die aarde, en was daar die maan, en was daar die son, en was daar die sterre; maar die aarde was nog kaal, en die oppervlakte was nes die oppervlakte van die see. En oor die waters het digte wolke gelê en het diep tot die dooie ruimtes van die wêrelde gestrek, en die lig van die son kon nie die druppel van barmhartigheid verhelder nie. En die maan was deur die dynserigheid van die druppel bedek, en in hierdie dynserigheid was eers ten volle die aarde gebore en was die maan gevoed. En die son het oor beide, met die strale van lig uit die warmte van die liefde in God, gelê, soos ‘n hen oor haar kuikens, en het die aarde ryp gemaak en is die maan van die bors van sy moeder geskei.

3. Toe die groot wolkmassas gebreek en tot rus op die pole gedaal het, en die gordel van die aarde vry was, en die son haarself in die waters gesien het, en die aarde die lig wat sy dankbaar ontvang het, na die wye skoot van die son terug gestraal het, het sy met wye oop oë die maan aanskou, wat in die uitgaande strale van genade van die ewige liefde uit die son, gebad het.

4. En sien en luister verder: Die aarde het goed gevoel; want sy was met die liefde van barmhartigheid vervul en het haar liefling, die maan, vrolik om haar sien wentel. En die Liefde het haar wye bors met die asem van barmhartigheid gevul, asof sy vir die kind nog ‘n keer haar bors vol van genademelk wil gee; maar sien, die melk het deur die warmte van die barmhartige Liefde dik geword en het in vaste grond verander en bokant die seë uitgereik. En die seë het teruggesak na die dieptes en was soos die water, wat by die dik-word van melk, afgesonder word, ter versagting van die inwonende grimmigheid, deur die sout van genade en deur die barmhartigheid van die Liefde uit God in alle mag en krag.

5. En sien, toe het dit op aarde en in alle ruimtes van die oneindigheid van God rustig geword, en die ewige Liefde het vir die eerste keer volledig tot op die aarde gedaal, en het met Haar almag en krag oor die vlaktes van die aarde heen geblaas, en die asem was ‘n ontelbare volheid van gedagtes in lewendige vorms van alle soorte, vir die toekomstige verlossing van die verlorenes.

6. En sien, toe het uit die vaste aarde, kruie, plante, struike en bome van alle soorte, en die mere, seë, strome, riviere, spruite en fonteine was vol van wurms, visse en diere van alle soort; en die lug het met voëls van alle soorte lewendig geword. En die getal van elke soort, sowel in die waters as ook op die vaste land en in die lug, was gelyk aan die getal van die mens, wat uit hierdie getal gemaak is, en was gelyk aan die getal van genade van die Liefde en was gelyk aan die getal van die toekomstige verlossing en die daaruit voortspruitende ontstaan van die wedergeboorte.

7. En nou sien en begryp, wat tot nou toe nog van niemand gesien en begryp is nie: Die ewige Liefde het die’ getal uit Haarself geneem, en die getal was die orde en die ewige wet in Haar, waaruit en waarin Syself vir ewig bestaan het, nog bestaan en in alle mag en krag van die heiligheid van God, sal bestaan. En Sy het klei, nes die vaste gedeelte van melk wat dik geword het, geneem, en het met die hand van Haar mag en met die hand van die getal van Haar orde, die eerste mens gevorm, en het vir hom deur die neusgate die lewendige asem ingeblaas. En die asem het in hom tot ‘n lewendige siel geword, en die siel het die mens in geheel vervul, wat nou volgens die getal van die orde gemaak was, waaruit die geeste gemaak was en waaruit die wêrelde in die ruimtes en die aardes en alles, wat daarop voorkom, en die maan en die son, gemaak was.

8. En nou sien, hierdie eerste mens op aarde, wat voortgegaan het uit die hande van mag en krag van die ewige Liefde, is uit die mond van die barmhartige genade ‘Adam’ of ‘Seun van barmhartigheid en genade’ genoem.

9. En nou let op: Hierdie Adam was in die plek van die eerste van die gevallene geeste; dit was nie vir hom te kenne gegee, wie hy was nie, en sien, hy het daar verveeld geraak, aangesien hy homself nie erken het en ook niks kon vind, wat gelyk aan hom was nie.

10. En sien, toe het die ewige Liefde onsigbaar, sy nog blinde oë van die siel, aangewaai, en hy het vir die eerste keer in die lieftalligheid van die barmhartige Liefde aan die slaap geraak. En die lieftalligheid van die barmhartige Liefde het in die hart van Adam nes ‘n soet droom, ‘n figuur gevorm, wat gelyk aan hom was en van groot lieftalligheid en net so groot skoonheid was.

Hoofstuk 7 Mobiele weergawe Kommentaar