Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 7 Die Huishouding van God, Boek 1

7. En nou sien en begryp, wat tot nou toe nog van niemand gesien en begryp is nie: Die ewige Liefde het die’ getal uit Haarself geneem, en die getal was die orde en die ewige wet in Haar, waaruit en waarin Syself vir ewig bestaan het, nog bestaan en in alle mag en krag van die heiligheid van God, sal bestaan. En Sy het klei, nes die vaste gedeelte van melk wat dik geword het, geneem, en het met die hand van Haar mag en met die hand van die getal van Haar orde, die eerste mens gevorm, en het vir hom deur die neusgate die lewendige asem ingeblaas. En die asem het in hom tot ‘n lewendige siel geword, en die siel het die mens in geheel vervul, wat nou volgens die getal van die orde gemaak was, waaruit die geeste gemaak was en waaruit die wêrelde in die ruimtes en die aardes en alles, wat daarop voorkom, en die maan en die son, gemaak was.

8. En nou sien, hierdie eerste mens op aarde, wat voortgegaan het uit die hande van mag en krag van die ewige Liefde, is uit die mond van die barmhartige genade ‘Adam’ of ‘Seun van barmhartigheid en genade’ genoem.

9. En nou let op: Hierdie Adam was in die plek van die eerste van die gevallene geeste; dit was nie vir hom te kenne gegee, wie hy was nie, en sien, hy het daar verveeld geraak, aangesien hy homself nie erken het en ook niks kon vind, wat gelyk aan hom was nie.

10. En sien, toe het die ewige Liefde onsigbaar, sy nog blinde oë van die siel, aangewaai, en hy het vir die eerste keer in die lieftalligheid van die barmhartige Liefde aan die slaap geraak. En die lieftalligheid van die barmhartige Liefde het in die hart van Adam nes ‘n soet droom, ‘n figuur gevorm, wat gelyk aan hom was en van groot lieftalligheid en net so groot skoonheid was.

11. En die ewige Liefde het gesien, dat Adam deur die innerlike aanskouing van sy tweede ek, ‘n groot vreugde in hom gevind het. Toe het die barmhartige Liefde aan sy sy geraak, naamlik daar, waar aan hom ‘n hart gegee was, nes die hart van die Godheid, ter opname van die liefde en die lewe uit die Liefde in God, en het daardeur die eieliefde van hom geneem, om vir Haarself deur die toekomstige wet van die barmhartige genade ‘n woonplek te berei, en het die eieliefde, aan wie hy ‘n groot welgevalle in hom gevind het, buite sy liggaamlike liggaam geplaas, en het vir haar ‘Caiva’ genoem of, soos julle al gewoond is om te sê, ‘Eva’, wat daar beteken die voorbereidende verlossing van selfsugtigheid en die daaruit voortspruitende wedergeboorte.

12. En sien, toe het die barmhartige Liefde hom aangeraak en wakker gemaak ter aanskouing van sy eieliefde buite hom en het gesien, dat hy groot welgevalle by die aanskouing van sy liefde buite hom gehad het en uitermate vrolik was; en die liefde buite hom, wat toe nou Eva heet, was vol bewondering vir die mens Adam en het haar tot hom geneig en elkeen van sy bewegings gevolg.

13. En sien, toe praat die ewige Liefde die eerste keer met Adam: “Adam!” - En hy sê vir die eerste keer: “Hier is ek, Here van glorie, van mag en krag!”

14. En die ewige Liefde praat weer: “Sien jou hulp!” En Eva het geantwoord: “Sien, Here, die maagd lê gehoorsaam aan die voete van jou seun en wag vir sy bevele!”

15. En sien, die barmhartige Liefde het ‘n groot welgevalle aan die werke van Haar mag en krag deur die genade van barmhartigheid gehad en het verder gepraat het hulle in alles onderrig en het hulle geleer om al die dinge te verstaan, te benoem en te gebruik. En toe hulle alles verstaan, geken en kon gebruik het, toe sê die barmhartige Liefde weer vir hulle: “Nou sien, julle het nou alles geleer, julle ken alles en kan nou gebruik maak van alles behalwe vir een, en die’ laaste ding wil Ek nou vir julle leer en die krag in julle lê, ter voortsetting en voortplanting van julleself; maar julle mag eers daarvan gebruik maak, wanneer Ek weer sal terugkom, en vir julle met die kleed van gehoorsaamheid van nederigheid, getrouheid, en regverdige onskuld, geklee sal vind. Maar weë, wanneer Ek vir julle naak sal vind; Ek sal julle verstoot, en die ewige dood sal die gevolg wees!”

Hoofstuk 7 Mobiele weergawe Kommentaar