Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 8 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 8: Die sondeval

1. En sien, toe het die ewige Liefde Haar aangesig verberg, en het volgens die getal van orde vir ‘n bepaalde tyd weggegaan en was uit die diepte van barmhartigheid blind en wou en kon nie weet, wat die nuwe skepsels in die oordeel van die Godheid deur die Liefde van barmhartigheid vir die proef van hulle vryheid gedurende die kort tyd op aarde, sou doen nie. En die plek, wat aan hulle as woning op die vaste land gegee was, was ‘n vallei en was ‘n tuin en was die Paradys genoem; en dit was die land, wat later van melk en heuning oorgeloop het, en was tydens die groot tyd van tye die plek van die grootste daad van die ewige Liefde en het Bethlehem geheet en sal vir ewig so heet, en was die punt, waar die ewige woord, vir die eerste keer in die vlees, liggaamlik die lig van Sy genade, die druppel van barmhartigheid wat deur die wye son, die maan en al die sterre, uitgestraal word, aanskou het.

2. En sien, hulle begeerte het in die oordeel van die versoekende Godheid in Sy grimmigheid, gegroei. En daar het ‘n boom in die tuin gestaan, en die’ boom het appels van die mooiste soort gedra, en Eva was lus daarvoor, en sy het vir Adam gesê: “Sien, Adam, ek is baie lus vir hierdie vrug! As jy wil, sal ek een pluk en daaraan proe en dit vir jou, as die eerste gawe uit my hand, gee!”

3. En sien, Adam het geswyg, en nagedink oor dit wat Eva gesê het. En ‘n innerlike stem, wat heilig was, aangesien dit uit die Godheid in hom gekom het, het vir hom gesê: “As julle van die vrug van hierdie boom sal eet, dan sal julle sterf!” En Adam het sodanig groot daaroor geskrik, dat hy vir die geliefde Eva geen antwoord daarop kon gee nie.

4. En die begeerte het in Eva opgekom en het haar onder die boom getrek en het haar ‘n appel daarvan laat pluk. En Adam het dit nou gewaar, dat Eva ontrou aan sy hart geword het, en was bedroef en het gesê:

5. “Eva, Eva, wat doen jy? Sien, ons is nog nie deur die Here van mag en krag en die lewe geseën nie! Sien, jy hou die vrug van die dood in jou hand; gooi dit weg van jou, sodat ons nie in naaktheid voor die Here van geregtigheid moet sterf nie!”

6. En sien, toe skrik Eva in haar begeerte vir die erns van Adam en laat die vrug van die dood op die aarde val. En haar begeerte het haar verlaat, en sy was vry van haar begeerte, en Adam het ‘n groot welgevalle aan die bevryding van Eva, uit die strik van haar dodelike begeerte, gevind.

Hoofstuk 8 Mobiele weergawe Kommentaar