Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 8 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 8: Die sondeval

1. En sien, toe het die ewige Liefde Haar aangesig verberg, en het volgens die getal van orde vir ‘n bepaalde tyd weggegaan en was uit die diepte van barmhartigheid blind en wou en kon nie weet, wat die nuwe skepsels in die oordeel van die Godheid deur die Liefde van barmhartigheid vir die proef van hulle vryheid gedurende die kort tyd op aarde, sou doen nie. En die plek, wat aan hulle as woning op die vaste land gegee was, was ‘n vallei en was ‘n tuin en was die Paradys genoem; en dit was die land, wat later van melk en heuning oorgeloop het, en was tydens die groot tyd van tye die plek van die grootste daad van die ewige Liefde en het Bethlehem geheet en sal vir ewig so heet, en was die punt, waar die ewige woord, vir die eerste keer in die vlees, liggaamlik die lig van Sy genade, die druppel van barmhartigheid wat deur die wye son, die maan en al die sterre, uitgestraal word, aanskou het.

2. En sien, hulle begeerte het in die oordeel van die versoekende Godheid in Sy grimmigheid, gegroei. En daar het ‘n boom in die tuin gestaan, en die’ boom het appels van die mooiste soort gedra, en Eva was lus daarvoor, en sy het vir Adam gesê: “Sien, Adam, ek is baie lus vir hierdie vrug! As jy wil, sal ek een pluk en daaraan proe en dit vir jou, as die eerste gawe uit my hand, gee!”

Hoofstuk 8 Mobiele weergawe Kommentaar