Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 8 Die Huishouding van God, Boek 1

8. En sien, Eva het vir die slang genader en het met groot lus die verleidende windings om die boom en die skitterende kleure van die koue skubbepantser, bekyk.

9. Maar die slang het beweeg en het nou die appel in die skoot van die nou sittende Eva gelê, het sy kop dan weer opgetel en het vir Eva die volgende woorde gesê:

10. “Eva, sien, jou dogter wat deur jou verstoot is, omstrengel die boom van jou lus! Moet nie die geringe gawe, wat ek in jou skoot gelê het, versmaai nie, maar geniet onbesorg die vrug van jou liefde; jy sal nie net nie sterf nie, maar sal versadig raak met die erkentenisse van die lewe en oor God, vir wie jy vrees, waar Hy tog swakker is as jy!” En sien, toe verdeel die tong van slang en het twee skerp pyle geword, en die slang het haar kop na die bors van Eva afgebuig, asof sy dit volgens kinderlike geaardheid wou soen; maar sy het nou die twee gifpyle in die borste van Eva gesteek, en Eva het haar eie figuur in die slang herken.

11. En nou het ook Adam waargeneem, wat daar onder die boom gebeur het, en hy het baie van die tweede Eva gehou, en hy het nie opgemerk, dat dit net ‘n slang was nie. En sien, toe ontbrand ook hy in sy begeerte in die lus vir die tweede Eva, neem die vrug uit die skoot van Eva, was ontrou aan sy liefde en het met wellustige begeerte, die verbode vrug uit Eva se skoot geniet; en in sy genot het hy homself as die eerste een erken, wat deur die groot ydelheid van sy blinde selfsugtigheid in die ryk van die lig van die ewige Liefde, verlore gegaan het en in die toornmeer van die onverbiddelik dodelike Godheid, geval het.

12. En nou sien, soos wat hy homself so herken het en die verblinde Eva deur hom, het daar uit die diepte van sy hart ‘n groot berou in hom opgekom, en Eva het vir haar naaktheid en die naaktheid van Adam skaam gekry en was van kroon tot voetsole verleë en het haar naaktheid met blare van ‘n vyeboom bedek. En ook Adam het sy hande na blare gerek, om sy kaalheid te bedek en het homself in ‘n grot verberg en het daar trane van groot smart gehuil; en Eva het agter ‘n doringbos weggekruip en het diep oor haar skuld van verleiding getreur.

Hoofstuk 8 Mobiele weergawe Kommentaar