Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 83 Die Huishouding van God, Boek 1

9. “O liewe Vader Seth, sien, waar is die mens, wat in ‘n vergissing vasgevang is, dat hy homself wil help terwyl hy in die middel van die vergissing verkeer?! Want dan praat hy soos in ‘n droom; waar hy handel, daar handel hy soos ‘n blinde; waar hy gaan, gaan hy, asof hy geen bene aan sy voete het nie; indien hy wil staan, dan val hy soos iemand wat duiselig word omdat hy in die rondte draai; indien hy weer wil opstaan, dan kry hy sy voete nie reg nie; en indien hy wil sien en hoor, dan sien en hoor hy die skaduwee in plek van die voorwerp en die leë klank in plek van die lewendige woord.

Hoofstuk 83 Mobiele weergawe Kommentaar