Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 9 Die Huishouding van God, Boek 1

23. En hier en daar het nog stukke van ander wêrelde op die oppervlakte, en in die dieptes van die seë van die aarde bly lê, as teken van die mag en krag van God maar terselfdertyd ook as sprekende getuies van die oorgroot dade van die barmhartige Liefde.

24. En sien en luister verder en verstaan dit goed, wat nou verder gebeur het: Toe nou die ewige Liefde die voorwaarde aangeneem het en daardeur reeds vooraf aan die vereiste van die groot heiligheid van God voldoen het, toe laat die Godheid in ‘n sagte gesuis en gewaai, weereens net vir die Liefde verstaanbaar, Sy heilige wil verneem en sê in ‘n toespraak vol van ‘n saggeaarde stem, die volgende:

Hoofstuk 9 Mobiele weergawe Kommentaar