Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 99 Die Huishouding van God, Boek 1

4. Het Jehova dit vir julle aanbeveel? Of watter diens glo jy kan jy vir God daardeur bewys, indien jy, deur jouself te straf, vas en veg teen jou eie natuur? Sê vir My en vra eers vir jouself, of dit vir God aangenaam kan wees, indien ‘n mens, wat dit nog nooit so ver met sy selfverloëning gebring het, om ook net ‘n enkele gebod van God verseker en altyd na te kom nie, hom uiteindelik daarom, omdat hy te swak was, om ‘n maklike goddelike gebod te hou, daarby nog ‘n eie, baie moeiliker gebod oplê, wat vir hom ten slotte onmoontlik sal word om na te kom as honderd goddelike gebooie, maar wat altyd met die natuur van die skepsels in nouste samehang staan, aangesien God vir die skepsel nooit meer sal gee en ook nooit kan gee, as wat dit sy natuur in staat is om te dra nie, omdat Hy dit die allerbeste insien, waarom Hy ‘n skepsel uit Homself vry laat ontstaan het! Luister, sekerlik nie daarom, dat dit uit ligsinnige verontagsaming van die goddelike orde vir homself as vergoeding daarvoor moet wette voorskryf nie, wat lank reeds uit eieliefde berou is, nog voor die versoeking om dit te oortree bygekom het, - maar dat dit volgens die goddelike orde moet lewe en volgens die noodsaaklike behoefte van die liggaam moet eet en drink en moet vir God erken en vir Hom bo alles liefhê en sy naastes as kinders en broeders soos homself en terwille van die liefde, dan sê Ek nog daarby, en die vreemdes tienvoudig meer as homself en die eie vleeskinders.

Hoofstuk 99 Mobiele weergawe Kommentaar