Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 10 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 10

1. En toe Sethlahem hierdie belangrike toespraak voltooi het, het ook Kisehel moed gekry en het na Sethlahem toe gegaan en die volgende woorde wat baie behartig moet word, aan hom gerig:

2. "Broer Sethlahem, jy weet mos, waarin ons onderrig of eerder ons erkenning, wat ons hier ontvang het, bestaan!

3. Jehova was vir ons verkondig op ‘n manier, wat selfs ons grootste gedagtes van Hom suiwer vernietig het.

4. Ons het wel geweet van Sy oneindige grootheid, mag en krag, ons het soms baie gepraat van Sy moontlike wesenheid, maar wie van ons almal sou destyds ook net daaraan kon dink, Jehova, die ewige heilige Vader sou nes ons ‘n mens wees, alhoewel die mees oneindig volmaakte mens?!

5. Maar aangesien ons juis deur ons skewe erkentenis vir Jehova nie as ‘n mens, maar volgens Sy wese as iets uiters ongelooflik groots voorgestel het, en waarvan ons ook nie die vaagste begrip kon hê nie, was dit dan enersyds net natuurlik, dat ons belaglike welgevalle Godheidsbegrip nie veel anders daar kon uit sien nie, soos wat ons verbeelding van Hom Self gesteld was.

6. Sien dus, liewe broer, ons harte was wel aanhoudend met God besig, alleen jy het die genade gehad , om Jehova van ‘n meer korrekte perspektief af te kon verstaan as ek, maar wie sou daar tussen ons die skeidsregter kon gemaak het?

7. Watter tasbare bewys sou jy vir jou mening en jou geloof kon opgestel het, waardeur vir ons jou meer korrekte idees verstaanbaar kon word?

8. Sien, ook jy het niks gehad behalwe jou eie geloof, net soos ek vir my mening niks gehad het as ook net my dwalende geloof.

9. En so het jy wel in die lig gelewe, maar jy was blind en kon die lig net vermoed, omdat die gelyktydig verwarmende straal die naby daarvan dit vir jou so te sê laat gewaar het.

10. Ek het wel oop oë gehad, maar het in die digste donkerte gestaan en derhalwe niks gesien nie en kon dus ook geen lig vermoed nie, omdat deur die groot nag van my gedagtes ook nie ‘n enkele beter straal kon trek en versprei nie.

11. En dus glo ek nou, liewe broer, dat ons ons nie meer daaroor moet roem nie, wat iets van die verlede is, al was dit dan nader of verder weg van die waarheid; want die eintlike regte antwoord het tog niemand van ons gehad nie, - en sou hy dit ook gehad het, waarmee sou hy dit kon waarborg?!

12. Dat ons almal se heilige Vader nes ons ‘n mens is, en is ‘n enige God, - sien, dit het by ons almal kort gekom. Die misgissing was nie in ons wil geleë nie, maar net in ons verbeelding. Ons was almal saam arm dwase en ek die grootste onder julle; tog nou het Hy, wat onder ons heilig, oorheilig, goed, oorgoed is en ons mees liefdevolste Vader is, ons almal uit ons groot nood, blindheid en armoede gehelp. Hy staan sigbaar voor ons, en ons almal erken in Hom die ewige, heilige Vader en die almagtige, ewige Skepper van alle dinge; daarom ook alle dank, alle lof, alle prys, alle eer, alle roem, alle liefde en alle aanbidding vir Hom van ons en al ons kinders te beurt val!

13. Dit is wel so, liewe broer, dat jou voorspellings in baie opsigte bewaarheid is, spesifiek wat die uiteensetting betref, rakende die Vader en Here se alleen welgevalle nederigheid, laagheid en onaansienlikheid; maar daarvan, dat Jehova ook ‘n mens is, en van Sy sodanig eindelose liefde, genade en onbegryplik allerhoogste barmhartigheid, - broer, dit kon niemand van ons gedroom het nie. En indien iemand van ons sodanige voorstelling gehad het, dan was dit die altyd stil en geslote Zuriel met sy dogters; alleen hy het altyd in die mees verborge hoeke weggekruip, en dit was moeilik, om ook net een woord van hom te ontlok.

14. Maar al die ander saam het niks geweet nie! Dit het mos eers gister vir jou deur ons liewe Henoch duidelik geword, hoe ver ons dit met ons wysheid en voorspellings gebring het!

15. Ek vir my part - afgesien daarvan, dat jy altyd onbepaalbaar nader aan die waarheid was as ek, dink nou so daaroor:

16. Ons moet ons op ons vroeëre toestand van watter soort ook al, nie meer roem nie, maar eerder vir Hom alleen, en wat daar onder ons is, alle eer en alle roem bring.

17. Dit wat by jou goed is, sal goed bly, sover dit van Hom afkomstig is; op sy eie en vanuit jouself, is dit om geen haar beter as wat by my voorheen totaal vals was.

18. Maar ek sê vir jou nou, my broer, ek dank die Here vir my destydse duisternis; want dit was dan die rede vir my huidige nederigheid en was daardeur ook ‘n groot, alhoewel vermomde genade van Hom.

19. Maar dat dit ‘n genade was, sien, dit erken ek daaruit, dat ek my daaroor nooit sal kan roem nie!

20. Maar jy het lig gehad, en die roem van daardie genade trek jou hart! Waarlik, broer, jy is wel soos ek verkies, - maar as jy nou jou vroeëre lig vir my vroeëre nag wil gee, dan sal ek baie lank daaroor moet dink, om met jou te ruil!

21. Daarom raai ek vir jou ter wille van jouself, om in die toekoms nie meer veel melding daarvan te maak nie, - maar bly eerder my liewe, nederige broer! Want sien, voor Hom, wat nou nader kom, staan ons altwee ewe arm en kaal daar; daarom bly jy my liewe broer nou, en vir ewig! Amen."

22. Na hierdie laaste woorde het die hoë Abedam by hulle aangekom, het Sy hande op beide se skouers geplaas en gesê: "By hierdie amen sê ook Ek My magtige amen.

23. Waarlik, Kisehel, jy het sterk geword en is van almal die magtigste; daarom moet jy ook die leier word vir die ander! Vir jou, Sethlahem, moet die profesie bly; tog hoe waar ook jou toespraak was en hoe treffend ook elkeen van jou beelde, is vir My die toespraak van Kisehel beter, omdat hy meer as jy, die regte nederigheid preek.

24. Sien, jou toespraak het vir jou verhef, maar die' van Kisehel het hom verlaag! Wat meen jy nou, watter een vir My nader was?!

25. Sien, dit is goed om te praat, soos jy van te vore gepraat het; maar dit is nie goed, om van homself te praat nie! Want wie ook al die waarheid praat, waarvandaan kry hy dit dan?

26. Daarom moet jy nie eers sigbaar bly wees nie, daaroor dat Ek vir jou meer gegee het as vir jou broer, omdat dan jou broer in plek vir My, vir jou sal roem, waar jy tog net ‘n swak werktuig van Hom was, wat vir jou beroep het, en vir wie alleen alle roem toekom!

27. Julle allergrootste roem wees julle nederigheid en ware, innerlike liefde vir My; dan sal julle lewe!

28. Sien, dit is My wil! Jou woord is waar en goed, omdat dit uit My is; maar leef jy eers ten volle daarvolgens, dan sal jy vir ewig lewe! Amen."

Hoofstuk 10 Mobiele weergawe Kommentaar