Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 11 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 11

1. Maar toe Kisehel sodanige opheffing van Abedam verneem het, het hy met weemoed vir Abedam gekyk en wou begin om te praat; alleen Abedam het hom voorgespring en het vir hom gesê:

2. "Kisehel, Ek het dit reeds in jou hart gelees, wat jy vir My wil sê en wat jy vir My wil vra!

3. Jy wil graag die geringste een bly; jy wil nie ‘n leier van die ander word nie, maar wil eerder vir jou van die ander laat lei.

4. Dit is die versoek in jou, dat jy eerder deur die ander voorgesê moet word, as wat jy vir die ander moet rigting gee; jy wil veel eerder gehoorsaam wees, as om vir die ander gedragsreëls voor te skryf.

5. Jy wil eerder die laaste as die eerste van My knegte wees en wil graag die sterkste wees om sodoende al die ander te kan dien, maar wil ook weer die swakste wees, om vir niemand iets vooruit te hê nie!

6. Sien, dus loof Ek vir jou volkome; jy het vir My ‘n uiters aangename man geword. - Dit is die grootste: Wie werklik die laaste en geringste wil wees, die' is by My die grootste; want niks behalwe die ware nederigheid maak julle werklik groot voor My!

7. Maar omdat jy werklik van grond af nederig is, daarom - omdat jy in alles voor jou broers en selfs voor jou kinders uit groot liefde vir My die allergeringste wil wees en het daardeur die heerlike woord van Sethlahem nie in jou hart versmaai nie en het dit deur die daad lewendig gemaak in jou voor My in jou liefde vir My, - sien, daarom is jy ook werklik die eerste uit al die wat verkies is!

8. Want hulle benodig nie ‘n leier in wysheid nie, omdat hulle daarmee voldoende toegerus is; hulle het nie ‘n leier nodig vir die liefde nie, - want hulle almal ken vir My en het hart genoeg, om vir My bo alles lief te hê; hulle het geen leier vir krag nodig nie, want hulle dit ontvang nes jy; hulle het geen leier in mag nodig nie, - want Ek het vir niemand minder daarvan gegee as vir jou nie.

9. Ook het hulle geen leier in geweld nodig nie, - want elkeen het ‘n regverdige deel daarvan van My ontvang; en hulle het geen leier in My genade nodig nie, - want julle is mos almal deur My vir een en dieselfde doel verkies.

10. Maar hulle het ‘n leier nodig vir die bestendige nederigheid! Want alles kan elkeen van My ontvang en kan vat uit My oneindige voorraad, net soveel as wat hy wil; hy kan liefhê soveel as wat hy net graag wil; hy kan vir homself volgens sy eie wens versterk deur die geloof, dat dit vir hom maklik sal wees, om met sy wil berge te versit; hy kan selfs sy wil sodanig magtig maak, dat vir sy woord duisende en nogmaals duisende moet volg; hy kan met die oortuiging van sy spraak vir hom sodanige geweld toe-eien, dat almal blindelings aan hom moet gehoorsaam wees! Alleen dinge staan nie so met die nederigheid nie; dit is elke mens se eiendom.

11. Dit kan en mag Ek niemand gee nie, maar - soos wat jy dit so pas van My Self verneem het, - net leer en begeer. Dit is die akker, waar Ek wil oes, waar Ek nie saai en die eintlike saad in die aarde plaas nie - maar nogtans wil oes!

12. Die nederigheid is die enigste, wat julle vir my kan gee, sonder dat julle dit van te vore van My ontvang het nie.

13. In die ware nederigheid bestaan die eintlike, allerhoogste vryheid van die lewe, daarom ook die grootste volmaaktheid daarvan. Deur die nederigheid kan julle selfs vir My ten opsigte van die onaantasbare heiligheid van My Godheid nader, - ja die ware nederigheid is die mens se hoogste wysheid, die hoogste liefde, die hoogste krag van die lewe, die mag en die hoogste geweld, waarvoor die hele oneindigheid met eerbied sal bewe!

Hoofstuk 11 Mobiele weergawe Kommentaar