Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 11 Die Huishouding van God, Boek 2

13. In die ware nederigheid bestaan die eintlike, allerhoogste vryheid van die lewe, daarom ook die grootste volmaaktheid daarvan. Deur die nederigheid kan julle selfs vir My ten opsigte van die onaantasbare heiligheid van My Godheid nader, - ja die ware nederigheid is die mens se hoogste wysheid, die hoogste liefde, die hoogste krag van die lewe, die mag en die hoogste geweld, waarvoor die hele oneindigheid met eerbied sal bewe!

14. Die nederigheid is die mees innerlike, allerhoogste krag, mag en geweld in Myself. Alles, wat die hele oneindigheid vul, het deur die nederigheid ontstaan en het daaruit voortgegaan.

Hoofstuk 11 Mobiele weergawe Kommentaar