Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 12 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 12

1. Na hierdie toespraak het almal vir Abedam gedank vir die uiters hoë genade, dat Hy vir hulle Kisehel as leier in nederigheid aangewys het, en het dan eenstemmig gesê:

2. "O Abedam, op wie Jou vertroue rus, kan ons almal staat maak! Daarom ewig dank, lof en prys aan Jou vir hom wat Jy genadiglik bo oor ons aangestel het; hy sal vir ons almal beslis ‘n wyse leier wees in Jou heiligste naam en Jou goddelike wil en welgevalle! Amen."

3. En Abedam het nog bygevoeg: "Ja, amen sê ook Ek; maar die volgende moet julle daarby nog baie goed onthou:

4. Ek is die Eerste en staan elkeen nog nader as die leier wat Ek vir julle gegee het.

5. Daarom moet julle in julle harte altyd eers na My toe kom, voordat julle na die leier toe gaan, wanneer julle raad nodig het, en Ek sal dan julle harte ontvanklik maak, ter opname van die raad uit die mond van die leier en sal vir julle vooraf met dit vervul, wat daarna eers die mond van die leier sal bevestig, waarom julle dan die woord van die leier nie as sy woord, maar as My woord in julleself moet erken.

6. En op die' manier sal die leier nie vir julle dien, asof hy vir julle wette en reëls sal voorskryf nie, maar net, dat hy vir julle My wil in julle moet bevestig!

7. Indien iemand nie vooraf eers self na My toe sal kom nie, sal hy van die leier harde stampe en stote ontvang, aangesien hy vir hom woorde sal kondig en pligte oplê, waarvan hom nog nooit iets gedroom het nie, en waarvan die uitvoering daarvan vir hom sodanig moeilik sal wees, asof ‘n hele berg vir hom gegee is om te dra.

8. Dus - Ek is die Eerste; dan eers kom hy, wat uiterlik My woord in julle sal bevestig! Amen."

9. Hierna het Abedam vir hulle gevra, dat hulle vir Hom moet volg en by Hom moet bly, vir solank as wat Hy sigbaar onder die kinders sal verwyl.

10. Daarna het Hy vir Jura, Bhusin e Ohorion na Hom toe laat kom.

11. En toe hulle vinnig na Hom toe gegaan het en voor Hom op hulle aangesigte neergeval het, het hy hulle gevra om op te staan en het vir hulle gesê:

12. "Julle sal sekerlik nou alreeds verneem het, wat alles hier bespreek is, dus My wil volkome en helder, sover dit vir elkeen van julle maklik sal wees om daarvolgens te handel.

13. Maar julle het Ek nie vir die diepte bestem nie, - daarom het julle ook daar, soos al die ander geen plig nie; maar nou bestem Ek vir julle almal eweneens vir die nederigheid, as julle waaragtig My kinders wil wees met ‘n volkome vrye, ewige lewe uit My.

14. Ek hoef niks verder vir julle oor die nederigheid sê nie, as wat Ek reeds vir die verkoses gesê het, maar Ek moet net nog vir julle vermaan, dat ook julle vir al na die nederigheid van julle harte moet streef; want sonder die ware, innerlike nederigheid van sy hart, kan niemand vir My werklik met liefde in sy hart aanneem nie en daardeur dan ‘n volkome, ewige lewe uit My verkry nie.

15. Indien julle vir My wil lief wees, maar julle hart nie sterk genoeg is, om vir My met vlammende liefde aan te neem nie, en in plek daarvan net met die droë gedagtes oor My tevrede moet wees (watter toestand gelykstaande is daaraan, waar iemand baie graag met geestelike warmte iets wil begryp, maar het van te vore vir ‘n paar nagte nie geslaap nie, waarom ‘n stompsinnigheid presies dan oor hom sal kom gepaard met ‘n groot lus vir slaap, wanneer hy dit vir hom voorgeneem het, om in die vuur van sy gees werksaam te wees), dan dink, dat daar ‘n tekort van die ware nederigheid in julle is; want dit is die eintlike grondfondament van alle lewe.

16. Maar as julle dit nie het nie, wat is dan julle liefde? - ‘n Nagtelike droom! - Wat My barmhartigheid aan julle? - Die aanraak van ‘n klip met ‘n stok! - Wat My genade? Die lig van ‘n vrot boomstok! My Woord? - ‘n Nie-waarneembare klank deur ‘n dooie klont grond! - Wat My liefde vir julle? - Die waai van ‘n sagte wind oor ‘n ongevoelige hoop klippe! - Ja, wat ten einde Ek Self? - Niks as ‘n dowe gedagtebeeld sonder bestaan, of soos vir ‘n dier wat in die see se diepte of binne die aarde lê en slaap, die straal van die son!

17. Daarom moet julle vir al na die nederigheid strewe! As julle die mees innerlike wortel daarvan gevind het, dan het julle ten volle vir My gevind in alle mag, krag en geweld en My liefde, genade en barmhartigheid en die ewige lewe en sy heerlikheid in alles!

18. Ontvang dus ook julle My seën, en wees wyse leiers en leraars vir al julle kinders! Maar leer eers vir hulle om vir My te soek; en as hulle vir My in die ware liefde-nederigheid van hulle harte gevind het, dan eers moet hulle na julle toe kom en vir julle die groot fonds, wat hulle ontdek het, wys.

19. Maar Ek bedeel julle met alle nodige mag en krag; julle moet dit wys benut, wanneer julle ook al hardnekkigheid sal tee kom.

20. Soos wat Ek vir julle verkies om julle kinders te lei, moet julle uit julle midde vir diegene kies, watter harte julle vol van ware nederigheid is; maar beslis nie iemand, wat daarna streef om meer en groter as sy broers wil wees nie, in plek daarvan om die geringste onder hulle te wees!

21. Ook nie vir hom wat voorgee om die geringste te wees nie, om dan verkies te word; want vir ‘n huigelaar moet julle vir solank uit julle land verban, totdat hy, uitgereik met My getuienis in sy hart, na julle sal terugkeer, en sal vir julle vra om opname en om die geringste kneg in julle omgewing te word.

22. Dit alles kom noukeurig na, en wees vol vriendelikheid teen alle vreemdelinge, wat Ek binnekort na julle toe sal lei; dan sal ook Ek by julle wees ten alle tye! Amen. My seën met julle! Amen."

Hoofstuk 12 Mobiele weergawe Kommentaar