Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 13 Die Huishouding van God, Boek 2

13. En die hoë Abedam het daarop vir hom gesê: "Luister, Abedam, jou gesindheid is geregverdig en waardig, om My welgevalle te verheug; alleen jou erkenning van My orde van die dinge staan nog ver agter jou begripsvermoë. Want sien, volgens die ordelikheid van alle dinge, kan daar geen amp bestaan, wat nie met ‘n sekere graad van aansien verbonde is nie; want sonder sodanige aansien sou mos die amp geen amp wees nie, maar bloot ‘n ongekonsolideerde ope posisie van teenstrydighede, waarin elkeen liewers vir sy eie dwaasheid wil stry, as om die wysheid van die broer te volg.

Hoofstuk 13 Mobiele weergawe Kommentaar