Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 14 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 14

1. En die bekende Abedam was dus deur en deur aangegryp van die groot genade van die Here, dat hy homself nie kon vind nie, om vir Hom te kan dank nie; hy was in die eintlike sin en betekenis van die woord so te sê heel weg en kon nie praat nog beduie, nog staan of loop nie.

2. Toe die hoë Abedam sy verleentheid wel agtergekom het, het hy na hom toe getree, het vir hom aangeraak en vir hom gesê:

3. "Abedam, kom by; want dit betaam nie vir ‘n man soos jy om in sodanige groot verleentheid te beland nie, dat hy daarop byna onsinnig raak. Sien, dit het nie eens die maagde gedoen nie, toe Ek vir hulle groot dinge gewys het en hulle ook nie minder as jy deel gemaak het van groot genades; en daarby ken jy vir dan nog langer as hulle!

4. Dus wees ‘n man en nie ‘n haas in die aangesig van die wolf nie!

5. Ook mag jy nie van My sy af padgee nie, maar moet soos voorheen aan My sy bly; omdat jy nou ‘n ware en nuttige bestemming vir jou lewe van My ontvang het, moet jy dan nou daaroor onsinnig raak?!

6. Maar Ek sê vir jou: Wanneer jy eers jou amp uitvoerend sal aantree, dan eers sal vir jou die grootste lig opgaan; dan sal dit vir jou duidelik word, dat My ampte op hierdie wêreld nie eintlik met heuning oorlaai is nie, maar des te meer met bitterheid van alle soort.

7. Dan eers sal jy My behoorlik dank vir die toevoeging van krag, mag en geweld, en sal insien, hoe arm jy sou wees sonder hierdie geskenk.

8. Daarom staan op, en dank eers vir My wanneer jy al die soetighede van My amp geproe het. Amen."

9. Na hierdie woorde het die bekende Abedam uit sy verdowing opgestaan en het die hoë Abedam gevra, of hy nie nou iets mag sê nie.

10. En die hoë Abedam het vir hom gevra: "Ondersoek eers jou tong, of Ek dit met enige toue aan jou verhemelte of tande vasgemaak het!"

11. En die bekende Abedam het geantwoord: "O Here en Vader, dit is beslis nie die geval nie!"

12. En die hoë Abedam het vir hom gesê: "As dit nie die geval is, dan mag jy praat, soos vir jou jou tong gegroei het; maar verstaan: net nie te sterk vanuit die lewer nie, waar die gal sy huis het, maar eerder meer vanuit die hart, waar die lewe sy huis het; verstaan dit goed! Amen."

13. En die bekende Abedam het die volgende woorde uit sy hart gewring en gesê: "Abedam, groot, heilige, almagtige, liefdevolste, mees genadige, sagmoedigste, allerbeste Vader, nou eers kan ek vir Jou dank; alhoewel nie met woorde, nie met gebare, nie met die hande, nie met die voete, nie met die maag, nie met die rug en nie met die kop wil ek vir Jou dank nie, maar alleenlik met die steeds groter nederigheid, geduld en liefde van my hart wil Ek vir Jou dank, en in die daad wil ek vir Jou ‘n offer bring, ‘n offer van oorgawe in Jou heilige wil, ‘n offer van geduld, ‘n offer van sagmoedigheid, van liefde, van barmhartigheid en ‘n offer van uithouvermoë. En sou jy ook vuurbrande en gloeiende klippe op My laat neerstort, waarlik, ek sê vir Jou, Abedam sal nie wyk nie, maar in getrouheid uithou tot aan die einde van sy dae, en sou daar nog soveel volg, as daar is sand in die see; want Jy sal tog beslis nie vir my laste bo my kragte vir my oplê nie?!

14. Maar wat met my kragte ooreenkom, dit kan lyk net soos dit wil; dit sal binnekort op my skouers geneem word en mees geduldig gedra word tot aan die einde van my deur Jou bepaalde tyd!

15. Probeer net om ‘n toets met my te maak! Plaas vir my in die vuur, of stuur vir my in die water, of laat vir my agter die weerligte aanloop, of laat, wat Jy, o Vader, net altyd wil doen, oor my kom, en ek sal dit uit liefde vir Jou geduldig dra!

16. Maar ek verlang dit nie daarom van Jou, asof ek vir Jou my uithouvermoë so te sê wil bewys nie, - want Jy weet dan van ewigheid af, hoeveel ek in staat is om te kan verdra; maar net daarom vra ek vir Jou om met My ‘n toets te onderneem, sodat ek daaruit vir myself kan sien, hoe ver my krag en uithouvermoë strek, en hoeveel swakheid daar nog in my verborge is, en of ek by die baie bitterheid van Jou amp nog in staat sal wees om dit te kan verduur. Jou heilige wil! Amen."

17. En die hoë Abedam het vir hom liefde-ernstig aangekyk en het dan vir hom gesê, terwyl hy hom by die arm gevat het:

18. "Abedam, Abedam, jy beoog om baie te doen! Maar dink ook daaroor, wie Hy is, aan wie jy sodanige belofte maak!

19. Ken jy al die oneindige versoekinge, wat almal vir ewig tot My wil beskikbaar is! Meen jy dan, dit hang van jou af, of jy bly staan, of dood neerslaan?

20. Daarom bly net getrou by dit, wat Ek vir jou toevertrou het, en moet nie laste van My vra nie, wat jy in werklikheid nie eers met halfpad oop oë sal waag om na te kyk nie, en Ek sal met jou tevrede wees! En indien jy dan vir My iets wil vra, dan vra vir My eerder daarom, dat Ek al die versoekinge van jou sal afwend, in plek daarvan om vir jou in versoekinge te lei! Dan sal jy makliker bly staan en vir My meer welgevalle wees, as jy vir my daarin getrou sal bly, waaroor Ek vir jou aangestel het, as om in plek daarvan, deur nuwe laste doodgedruk te word, en dan in alle vertwyfeling na My sal uitroep: ‘Here, red vir my, ek gaan ten gronde!'

21. Maar sodat jy die dwaasheid van jou versoek so reg kan insien, wil Ek ‘n steekvlieg vir net een minuut lank op jou gesig laat sit, en daardie minuut sal vir jou lank genoeg word! En dus geskied volgens jou wens. Amen."

22. En in ‘n oomblik het ‘n groot steekvlieg in die gesig van Abedam gesit en het begin, om hom geweldig te steek. Abedam het daaroor sodanig geskrik, dat hy byna in vertwyfeling beland het, as die hoë Abedam hom nie voor die tyd daarvan sou bevry het nie.

23. Toe hy van die' klein las ontslae was, het hy vir Abedam voor die voete geval en het vir Hom soos ‘n nuutgeborene gedank vir die redding van sy nabye ondergang.

24. En Abedam het vir hom daarop gevra: "En nou, - wil jy nog ‘n klein vuurproef deurmaak?

25. En die bekende Abedam het aan sy hele lyf gebewe en geantwoord: "O Here, weerhou tot in alle toekoms nie net die beloofde vuurproef van my af nie, maar moet ook nooit weer sodanig hardnekkige vlieg oor my gesig laat kom nie; want Jou versoekinge is verskriklik!"

26. En die hoë Abedam het vir hom gesê: "Jy sal vir ewig daarvan bevry wees; maar jy moet ook nooit weer met sodanige nog baie meer verskriklike dwaasheid na My toe kom nie en bly getrou aan My. Amen."

Hoofstuk 14 Mobiele weergawe Kommentaar