Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 15 Die Huishouding van God, Boek 2

19. En Abedam het daarop vir Henoch gesê: "Henoch, jy het vir my waarlik ‘n volgeldige antwoord gegee, waaraan daar niks verder toegevoeg kan word nie, - ja, die hemel se eerste en mees diepsinnige gerub sou nie in staat wees om meer te sê, as wat jy nou vir My geantwoord het nie. Maar desnieteenstaande is daar tog iets daarin, wat ter wille van die ander ‘n nadere beligting vereis, - en dit is, dat jy voorheen vir My as die oorsaak van jou ongehoorsaamheid genoem het!

Hoofstuk 15 Mobiele weergawe Kommentaar