Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 186 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 186

1. Toe die tafel nou uitgegrawe was en vir die getekende allerheiligste naam deur al die aanwesiges ‘n diep verering en verheerliking gebring was, het Kisehel die tafel in sy hande geneem, het dit op sy bors gedruk en deur na die tafel te kyk, gesê:

2. "O jy naam, jy heilige naam, jy die eerste woord uit die mond van God, wat reeds bestaan het, nog voor enige homself bewuste wese, behalwe God, daar was, - ja, jy aller ewige woord, jy die oorsprong van alle wesens en dinge, wat daar die hele oneindigheid vul, hoe mild en sag val jou strale op my!

3. Hoe eenvoudig is tog die trekke van jou getekende woord, maar daar is geen begin en geen einde nie.

4. Ja, dus is ook die tekening geregverdig; want ook God het geen begin en geen einde nie.

5. Hy is en sal vir ewig ‘n oneindige God wees; derhalwe is hierdie tekening ook vir ons ‘n geregverdigde beeld van die allerheiligste naam en sal dus met betrekking op Hom, vir wie dit aandui, altyd in die grootste verering en verheerliking gehou word!"

6. Hier het Kisehel na Lamech gedraai en het heel ontroer vir hom gesê: "Lamech, kyk vir hierdie heilige kleinood; dit sal van nou af aan jou geleë wees, om dit as ‘n heiligste banier van jou hart, jou land en al jou volk te beskou!

7. Jy moet ‘n huis op hierdie plek bou, wat met vyf, dan sewe en dan tien vensters en drie ingangsdeure toegerus sal wees; een sal teen die aand, die ander teen die middag en die derde na middernag wys.

8. Maar die deel teen die oggend sal in drie rye die gegewe aantal vensters bevat; heel bo sal die vyf, in die middel die sewe en heel onder die tien vensters verskyn. Maar die huis moet ‘n volkome ronde vorm hê en moet twaalf manslengtes hoog wees, en die deursnee moet dieselfde wees as die hoogte.

9. Aan die binnekant moet die mure met goud en allerlei edelstene oorgetrek word. Die dak moet lyk soos ‘n halwe bal en moet van binne en van buite met gepoleerde goud oorgetrek word; maar bokant die dak moet nog drie koeëls, elkeen drie manslengtes in deursnee en ook van goud gemaak, oor mekaar aangebring word.

10. In die middel van hierdie huis, wat geen verdiepings mag hê nie, moet jy van robyne en diamante ‘n altaar oprig, en op daardie altaar eers moet hierdie tafel, regop stande, aangebring word.

11. Maar wanneer jy alles volgens hierdie my voorskrif gebou het, dan moet jy ‘n breë strook rondom hierdie huis reinig, en daar sal geen ander huis in die nabyheid van hierdie heilige huis gebou word nie; want die huis moet heilig gehou word.

12. Die goue deure van hierdie huis sal op die Sabbat die hele dag deur, oop staan; maar gedurende die weeksdae moet hulle gesluit bly.

13. Niemand mag met ‘n bedekte hoof in hierdie huis ingaan nie, en geen vrou wat nie haar gesig bedek het nie.

14. Maar wie met ‘n rein hart die huis sal betree en sal vir God die eer gee, die sal in hierdie huis ‘n groot versterking beleef.

15. Maar die oortreders van hierdie huis, sal daarin sowel as op die plek daarvan, altyd sy onvermydelike skielike oordeel vind; daarom sal die plek ook met ‘n drie manslengtes hoë muur begrens word, waardeur net een enkele toegang sal lei.

16. Die buitekant van die huis se muur moet in gelyke hoogtes van vier manslengtes, onder met rooi, in die middel met groen en bo met wit verf, geverf word.

17. Deur na die drie kleure te kyk, moet elkeen wat nader kom, daaraan herinner word, dat hy hom vir God in die eerste plek net deur die liefde van sy hart kan nader. As hy vir God op die' manier gevind het, dan word die vertroue en die hart se getrouheid, wat die lewendige loon vir die rein liefde is, sy aandeel; maar vir wie dit toegedeel word, vir hom sal ook die derde, boonste kleur toegedeel word, wat daar die lewendigheid van die geloof beteken, wat daar is ‘n lig van die gees, wat uit die lewendige vlam van die liefde vir God in die hart afkomstig is.

18. Nou weet jy, liewe broer Lamech, alles, wat gedoen moet word; net dit moet jy nog tydens die bouwerk in aanmerking neem, dat niemand daartoe gedwing moet word nie, - maar wie dit met liefde wil doen, die moet ook by die bouwerk toegelaat word! Derhalwe moet jy dit deeglik in aanmerking neem!

19. Maar vandag nog moet na alle kante bodes uitgestuur word, sodat reeds môre met die werk begin kan word.

20. Oor nag sal al hierdie moerasse, poele en moddergate ten volle tot ‘n droë land uitgedroog raak; want dit is die wil van God.

21. En dus, liewe broer Lamech, laat ons die bodes inlig en dan na alle kante toe uitstuur! Amen."

Hoofstuk 186 Mobiele weergawe Kommentaar